Wiskunde
Getalbegrip, optelling en aftrekking
Getalbegrip
Opvoeders afdeling
Memorandum
1. Appelfontein
2. Radysland
3. Lemoenburg
4. Kersieville
5. Perskestad
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om getalle te herken om hulle te vergelyk [lu 1.3.1]
1. Lees eers die volgende getalle hardop vir ‘n maat. Rangskik dan die dorpe van GROOT na klein:
DORP | BEVOLKING | |
Kersieville | 7 146 086 | 1. _________________________ |
Appelfontein | 11 086 413 | 2. _________________________ |
Radysland | 11 006 412 | 3. _________________________ |
Perskestad | 3 159 886 | 4. _________________________ |
Lemoenburg | 7 146 213 | 5. _________________________ |
Het jy geweet?
1 000 miljoen is ’n MILJARD!
Het jy ook geweet?
Ons kan 10 ook skryf as 10 1 .
Ons lees: 10 tot die mag 1
Dit beteken: 10 × 1 = 10
10 x 1 = 10
102 = 10 tot die mag 2
= 10 x 10 = 100
103 = 10 tot die mag 3
= 10 x 10 x 10 = 1 000
104 = 10 tot die mag 4
= 10 x 10 x 10 x 10 = 10 000
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende ware getalle herken, klassifiseer en voorstel om hulle te beskryf en te vergelyk
1.3.1: heelgetalle tot minstens 9-syfergetalle.