Wiskunde
Nog meetkunde, datahantering en waarskynlikheid
Opvoeders afdeling
Memorandum
3 cm | 2 cm | 10 cm | 6 cm |
6 cm | 4 cm | 20 cm | 24 cm |
9 cm | 6 cm | 30 cm | 54 cm |
15 cm | 10 cm | 50 cm | 150 cm |
(b) 2 keer meer; 3 keer meer;
5 keer meer as eerste reghoek
(c) 16 keer
4.2.1 – 4.2.4 Kontroleer leerders se poging
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: vergelyk groottes [lu 4.2, lu 3.8]
3. KOM ONS VERGELYK GROOTTES!
Die volgende reghoek is eers twee keer, dan drie keer en dan vyf keer vergroot.
Al die reghoeke het dieselfde verhouding vir lengte tot breedte: 3:2
a) Kyk nou weer na die reghoeke hierbo. Gestel elke blokkie is 1 cm by 1 cm. Voltooi die tabel.
Reghoek | Lengte | Breedte | Omtrek | Oppervlakte |
1 | ____________ | ____________ | ____________ | ____________ |
2 | ____________ | ____________ | ____________ | ____________ |
3 | ____________ | ____________ | ____________ | ____________ |
4 | ____________ | ____________ | ____________ | ____________ |
b) Wat gebeur met die omtrek soos die reghoek elke keer vergroot?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
c) Hoeveel keer is die oppervlakte groter as jy die reghoek vier keer vergroot?
_____________________________________________________________________
4.1 Het jy geweet?
Die verhouding op skaal word altyd in ’n bepaalde volgorde geskryf:
Die eerste getal hou verband met die tekening / plan .
Die tweede getal hou verband met die werklike lewe .
’n Skaal van 1 : 5 beteken die lengte is 5 maal kleiner as in die werklike lewe.
’n Skaal van 5 : 1 beteken die lengte is 5 maal groter as in die werklike lewe.
4.2.1 Gebruik die blokkiespapier en vergroot die skets op ’n skaal van 4:1.
4.2.2 Vergroot hierdie tekening op ’n skaal van 1 : 2.
4.2.3 Verklein die skets tot skaal 2 : 1.
4.2.4 KOPKRAPPER!
- Kan jy hierdie tekening vergroot en oorteken?
Assessment
Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen twee-dimensionele vorms en drie-dimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.
Assesseringstandaard 3.8: Dit is duidelik wanneer die leerder posisie/ligging op koördinaatstelsels (geordende roosters) en kaarte bepaal.
Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in ‘n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos.