Wiskunde
Nog meetkunde, datahantering en waarskynlikheid
Opvoeders afdeling
Memorandum
5.
(a) simmetrie-lyn
(b) 90 grade
4
(c) (i) 6
(ii) 3
(iii) 2
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: simmetrie en rotasie
5. SIMMETRIE EN ROTASIE
a) Kyk weer na jou tekening by 1 b). Wat noem ons die stippellyn?
_____________________________________________________________________
b) Trek die volgende vierkant af en knip dit uit. Vind die middelpunt deur die hoeklyne in te trek. Druk nou jou vierkant met ’n drukspyker vas op ’n stuk karton. Maak ’n kolletjie in een hoek van die vierkant. Trek dan die omtrek van die vierkant met behulp van jou liniaal en potlood op die karton.
- Roteer nou die kolletjie kloksgewys (regsom) tot by die volgende hoek.
Hoeveel grade het die vierkant roteer? __________________________________
As jy die vierkant 360 grade roteer, hoeveel keer het jy die vierkant gedraai?
__________________________________________________________________
c) Doen dieselfde met die seshoek en driehoek hier onder.
i) Hoeveel keer roteer die heksagoon in ’n volle omwenteling?
_____________________________________________________________________
ii) Hoeveel keer roteer die driehoeke in ’n volle omenteling? _____________________________________________________________________
iii) Hoeveel keer sal ’n reghoek in ’n volle omwenteling roteer? _____________________________________________________________________