Wiskunde
Word slim met syfers
Opvoeders afdeling
Memorandum
Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste
Die leerders moet uiteindelik kan:
1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;
2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;
3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;
4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;
5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;
6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;
7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;
8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;
9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;
10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;
11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en
12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.
Module 1
Kritieke- en ontwikkelings uitkomste | Bladsyverwysings |
KU 1 | 4, 5, 8, 15 |
KU 3 | 2, 3, 6, 7, 9, 10, 14, 18, 19 |
KU 4 | 4, 21 |
KU 7 | 11, 12, 13, 16, 17, 20 |
KU 8 | 4 |
- INTEGRASIE VAN TEMAS: Somer
- MENSEREGTE: Leerders moet leer om netjies te wees
- INKLUSIWITEIT: Afparing vir gelykegetalle – geen uitsondering word gemaak nie.
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: tel van voorwerpe [lu 1.1, lu 1.4, lu 1.3]
‘n telrympie
Een, twee, drie
‘n voet, ‘n been, ‘n knie.
Vier, vyf, ses
voëltjies in ‘n nes.
Sewe, ag, nege
eet ‘n bossie bete.
En hier is sommer tien
vingers om te sien.
- Tel. Hoeveel...?
rooi albasters
blou albasters
groen albasters
geel albasters
LU 1.1 | |
LU 1.4 |
- Teken nog een . Tel.
muise
ballonne
bome
albasters
spore
kolle
- Tel die spore.
LU 1.1 |
- My kosblik
- Piet se kosblik
- Ek het...
- Ron het...
- Kleur die blokkies met een voorwerp in. Skryf “1”.
LU 1.3 |
Ek en Tessa gaan stap.
- Tessa se rooi appels.
- My groen appels.
Ons het elkeen twee 2 appels.
- Tessa se kosblik.
LU 1.3 |
Legkaarte om te bou.
- Knip, pas en plak.
LU 1.3 |
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tot minstens 34 alledaagse voorwerpe akkuraat tel;
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder getalsimbole van 1 tot minstens 100 ken en lees en getalname van 1 tot minstens 34 skryf;
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder heelgetalle tot minstens 2-syfergetalle orden, beskryf en vergelyk.