Wiskunde
Word slim met syfers
Opvoeders afdeling
Memorandum
Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste
Die leerders moet uiteindelik kan:
1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;
2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;
3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;
4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;
5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;
6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;
7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;
8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;
9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;
10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;
11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en
12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.
Module 1
Kritieke- en ontwikkelings uitkomste | Bladsyverwysings |
KU 1 | 4, 5, 8, 15 |
KU 3 | 2, 3, 6, 7, 9, 10, 14, 18, 19 |
KU 4 | 4, 21 |
KU 7 | 11, 12, 13, 16, 17, 20 |
KU 8 | 4 |
- INTEGRASIE VAN TEMAS: Somer
- MENSEREGTE: Leerders moet leer om netjies te wees
- INKLUSIWITEIT: Afparing vir gelykegetalle – geen uitsondering word gemaak nie.
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: ewe veel [lu 1.9, lu 1.4]
- Teken ewe veel voorwerpe. Paar hulle af.
LU 1.9 |
‘n Probleem om op te los.
- Hoe kan jy hierdie groepe verander sodat hulle ewe veel sal wees?
of
- Los nou hierdie probleme op.
ewe veel
ewe veel
- Ek speel albasters met Jan.
Ons het ......................... .................................................. albasters.
- Jan kry een meer.
- Jan kry weer een meer.
LU 1.4 |
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder heelgetalle tot minstens 2-syfergetalle orden, beskryf en vergelyk.
Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:
1.9.1 opbou en afbreek van getalle;
1.9.2 verdubbeling en halvering;
1.9.3 gebruik van konkrete apparaat (bv. tellers);
1.9.4 getallelyne.