Natuurwetenskappe
Ekosisteem en omgewingsbalans
Opvoeders afdeling
Memorandum
Opdrag 4:
Visse - skubbe (slymerig)
Soogdiere - hare
Voëls - vere
Reptiele - horingagtige skubbe
Amfibieë - naakte vel
VISSE | AMFIBIEË | REPTIELE | VO Ë LS | SOOGDIERE |
Vis | BoompaddaBrulpadda | KrokodilAkkedis | MossieDuif | MiervreterOlifantBok (Kameelperd)Streepmuis |
Opdrag 5:
Al vyf groepe, nl. visse, amfibieë, reptiele, voëls en soogdiere, moet geïllustreer word.
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om diere volgens kenmerke te klassifisseer [lu 2.2]
Diere met ‘n ruggraat of werwelkolom en ‘n inwendige geraamte (endoskelet) word in een groep geplaas en diere sonder ‘n ruggraat of werwelkolom word in ‘n ander groep geplaas. Die groep met ‘n werwelkolom word gewerwelde diere of Vertebrata genoem. Die groep sonder ‘n werwelkolom of ruggraat word die ongewerwelde diere of Invertebrata genoem. Sommige van die Invertebrata se liggame word deur ‘n harde dop buite-om beskerm, bv. die krap of die sprinkaan. Hierdie harde dop word die uitwendige geraamte of ‘n eksoskelet genoem.
Die onderstaande diagram toon aan hoe diere volgens bepaalde kenmerke ingedeel word:
‘n Interessante vraag: Swamme is nie as deel van die plante of diere aangetoon nie. Probeer uitvind waar hulle hoort.
Opdrag 4:
Bestudeer die volgende sketse en groepeer die diere na aanleiding van die voorafgaande diagram.
VISSE | __________ | __________ | __________ | __________ |
__________ | __________ | __________ | __________ | __________ |

KRITERIA | JA/NEE |
Kon diere maklik klassifiseer | ___________________________ |
Het meeste diere korrek geklassifiseer | ___________________________ |
Benodig meer oefening in klassifikasie | ___________________________ |
(i) Kriteria vir sortering van Vertebrate
Werweldiere kan na aanleiding van hul tipe liggaamsbedekking gesorteer word.
Opdrag 5:
Raadpleeg weer die diagram en stel die onderskeie werweldiere met hul spesifieke liggaamsbedekking diagrammaties voor. Wees kreatief en gebruik illustrasies, asook woorde.
Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerders ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting kategoriseer