Natuurwetenskappe
Ekosisteem en omgewingsbalans
Opvoeders afdeling
Memorandum
Opdrag 2:
1 - blaarsteel
2 - blaarvoet
3 - blaarrand
4 - blaarskyf
5 - be-aring
Opdrag 3:
1 - netarig
2 - netarig
3 - parallelle nerwe
4 - netarig
5 - netarig
6 - netarig
7 - parallelle nerwe
Leerkrag afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om plante volgens hulle kenmerke te klassifiseer [lu 2.2]
Daar bestaan duisende soorte plante en diere op aarde en almal verskil van mekaar. Wanneer plante en diere met dieselfde kenmerke saamgevoeg (geklassifiseer) word, is dit makliker om hulle te bestudeer.
Hoekom is dit belangrik om as deel van ekologiese studies ook die klassifikasie van plante en diere te doen?
_____________________________________________________________________

Die volgende tabel toon aan hoe plante volgens hul uitwendige kenmerke geklassifiseer kan word.
(i) Klassifikasie van plante na aanleiding van hul blare
Plante kan geklassifiseer word volgens die be-aring van hul blare.
Netarige be-aring
Die plat gedeelte van die blaar word die blaarskyf genoem. Dit is met ‘n blaarsteel aan die stingel vas. Die blaarsteel loop in die aar in om die hoofaar te vorm. Die hoofaar vertak en hervertak in syare sodat ‘n netwerk van are in die blaarskyf gevorm word. Dit staan bekend as netarige be-aring.
Opdrag 2:
Hieronder is ‘n skets van die petunia-blaar (tweesaadlobbige plant). Lees weer paragraaf 2.1.1 en verskaf die korrekte byskrifte.
1. __________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
2. __________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
3. __________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
4. __________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
5. __________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Parallelle be-aring
Sommige blare het nie ‘n blaarsteel nie en word ‘n sittende blaar genoem, bv. die mielieblaar (eensaadlobbige). Die blaarskyf het geen insnydings nie en het ‘n parallelle be-aring .
Opdrag 3:
Bestudeer die skets hieronder en klassifiseer die blare van die volgende plante as netarig of parallelarig .
PORTUURASSESSERING:
PLANT | NETARIG OF PARALLELLE NERWE |
rabarber | __________________________________________ |
spruitkool | __________________________________________ |
uie | __________________________________________ |
spinasie | __________________________________________ |
kopkool | __________________________________________ |
kropslaai | __________________________________________ |
gras |
Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerders ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting kategoriseer