Afrikaans eerste addisionele taal
Graad 4
Dorp toe
Module 31
Die mense in ons dorp
Aktiwiteit 1
Om deur mimiek voorstellings te doen [lu 2.4.3]
DIE MENSE IN ONS DORP
(a) Raai-raai ... Wie is ek? (mimiek)
Werk in groepe van twee aan 'n voorstelling van iemand wat in julle dorp 'n belangrike werk verrig. Die groepe neem beurte om deur middel van mimiek voorstellings aan die res van die klas te maak, terwyl hulle raai watter werk voorgestel word.
Dink byvoorbeeld aan die haarkapper, dokter, slagter, bloemiste, bakker, bankklerk, ensovoorts.
Aktiwiteit 2
Om eenvoudige definisies te skryf [lu 5.2.9]
VIND UIT
(Navorsing en woordeskat vir verryking)
Kyk of julle die antwoorde op die volgende vrae kan kry. Bespreek dit in julle groepe en skryf dan die antwoorde neer.
(b) Wat noem ons die eerste burger van 'n dorp of 'n stad?
...............................................................................................................
...............................................................................................................
(c) Wat noem ons die hoof van:
'n polisiekantoor? ........................................................................
'n skool? ........................................................................
'n poskantoor? ........................................................................
'n bank? ........................................................................
(d) Stel 'n lys saam van al die mense wat noodsaaklike dienste (werk) in jou dorp verrig.
................................................................................................................
................................................................................................................
................................................................................................................
................................................................................................................
Aktiwiteit 3
Om deur rolspel mense te beskryf [lu 2.2.1, 2.3.3]
KOM ONS SING ('n Liedjie)
Sing die liedjie op " There's a tavern in the town " se wysie.
Daar's 'n bakker in ons dorp, in ons dorp.
Hy verkoop brood en koek, brood en koek.
By die bakkery op die hoek ;
Kom ons gaan hom gou besoek, gou besoek.
Daar's 'n slagter in ons dorp, in ons dorp.
Hy verkoop vleis en wors, vleis en wors.
By die slaghuis op die hoek ;
Kom ons gaan hom gou besoek, gou besoek
OF
Daar's 'n winkel in ons dorp, in ons dorp.
Waar hul klere verkoop, verkoop.
Dis die klerewinkel op die hoek ;
Kom ons gaan hom gou besoek, gou besoek.
- Vervang nou klere met blomme en klerewinkel met bloemiste.
- Maak aksies by terwyl julle die liedjies sing.
Probeer om jou eie woorde te gebruik.
Aktiwiteit 4
Om gepaste liggaamstaal en aanbiedingsvaardighede te toon [lu 2.6.1, 2.6.2, 2.6.3, 6.2.13]
EK DOEN INKOPIES
(Mondeling)
By watter winkel doen jy graag inkopies?
Vertel aan jou klasmaats hoe jy by dié winkel inkopies doen.
Assessering
Leeruitkoms 2: praat
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
2.2 op kultureel gepaste maniere optree:
2.2.1 bekende situasies rolspeel (soos gee aanwysings);
2.3 die addisionele taal gebruik om inligting oor te dra:
- mense, voorwerpe en eenvoudige prosesse beskryf;
2.4 die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse gebruik:
2.4.3 ‘n bekende rympie, gedig of liedjie opvoer;
2.6 gepaste liggaamstaal en aanbiedingsvaardighede gebruik:
2.6.1 oogkontak maak en nie vroetel nie;
2.6.2 gepaste gebare en gesigsuitdrukkings gebruik;
2.6.3 hoorbaar praat, gepaste pouses gebruik en teen ‘n redelike tempo praat.
Leeruitkoms 5: dink en redeneer
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
5.2 taal gebruik om te dink:
5.2.9 met ondersteuning eenvoudige definisies skryf en voorbeelde gee (soos: pas ‘n begrip en sy definisie by ‘n voorbeeld).
Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.13 voegwoorde: en, maar, want.
Memorandum
Aktiwiteit 2
(a) Burgemeester
(b) Bevelvoerder
Skoolhoof of Prinsipaal
Posmeester
Bankbestuurder
(c) Mediese dokters
Polisie
Brandweermanne
Ambulansbestuurders
Verpleegsters
Posbodes
Poskantoorwerkers