This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

2.2 Leer ken ander mense

Geskiedenis

Graad 4

Geskiedenis begin in ons eie omgewing

Leer ken ander mense

Module 7

Aktiwiteit 1

Om inligting uit geskrewe bronne te bekom [lu 1.2]

H IER VOLG TIEN GESKREWE DOKUMENTE OOR DIE LEWE VAN ‘N SOKKERSTER VAN DURBAN, J OE G REEN.

  • Jy sal agterkom dat sekere dokumente oor hom meer bruikbaar is as ander.
  • Daarom is dit nodig om die verskillende bronne met mekaar te vergelyk.
  • Vra vir jou onderwyser(es) as jy iets nie verstaan nie of dalk nog meer wil weet.

Assessering

Leeruitkoms 1: geskiedkundige ondersoek

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.2 vrae beantwoord: inligting uit bronne gebruik om vrae te beantwoord.

Memorandum

Die volgende feite kan gebruik word:

Datum Gebeurtenis
20-04-74 Gebore in Durban.
20-04-81 Ontvang sokkerbal van ouers toe hy laerskool toe gaan.
31-02-90 Word lid van Durbs Wildlewe Klub in hoërskool.
12-09-90 Word tydelik uit hoërskool geskors na klasboikot en beskadiging van eiendom.
01-01-91 Doen onsuksesvol aansoek vir betrekking by Seereddingsinstituut na hoërskool.
01-04-91 Gevangenis toe weens diefstal (tot einde 1992).
03-02-93 Ooggetuie by kitsbank-rooftog in Durban.
19-04-93 Aangestel as kelner by Beach Club Hotel.
01-07-93 Word voorsitter van Beach Boys’ Club, Durban.
<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Geskiedenis graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11090/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.