This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

1.2 Spel korrek

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 4

Wie is ek?

Module 3

Spel korrek

Aktiwiteit

Om korrek te leer spel [lu 6.1.2]

My Hand As Hulp

(a) Teken jou hand in die spasie en skryf een van die vyf klinkers a , e , i , o , u in elke vinger. Onthou, hierdie klinkers is kort klinkers en as ons hulle klank, klink hulle anders as wat hulle name is.

(b) Hoe klink die ander letters?

Sê die volgende woorde vir mekaar in jul groepe. Onderstreep die klank wat voor elke woord aangedui word.

a........ arm h........ hand n........ nek u........ rug

b........ been i........ lip o........ tong v vinger

d........ duim j......... jy p........ pols w .. wang

e........ enkel k........ ken r......... hare y........ dy

f......... lyf l......... liggaam s........ skouer

g........ gesig m....... maag t......... tand

Spellyste

Lees die woorde wat volgens klanke gegroepeer is en let op na die betekenis. Leer die spelling van die woorde.

a en aa

graf (grave) graaf (spade)

rak (shelf) raak (touch)

lat (cane) laat (late)

val (to fall) vaal (dull, grey)

mal (mad) maal (times, meal, to grind)

jag (hunt) jaag (to chase)

man (man) maan (moon)

tak (branch) taak (task)

nar (clown) naar (sick)

vak (subject) vaak (sleepy)

sak (bag) saak (case)

lag (to laugh) laag (low)

ras (race) raas (to make a noise)

ram (ram) raam (frame)

sag (soft) saag (to saw)

bal (ball) baal (bale)

wag (to wait) waag (to dare)

sal (will) saal (hall, saddle)

nat (wet) naat (seam)

kas (cupboard) kaas (cheese)

vrag (load) vraag (question)

mak (tame) maak (to make)

mat (mat) maat (friend)

mag (may) maag (stomach)

Vul die ontbrekende woorde in. Die woorde is in die spellyste.

a) As ek ................................is, vryf ek my oë.

b) Die ............................. het ‘n groot rooi neus.

c) Ek swaai aan my arms aan die ................... van die boom.

d) Die ................................ gebruik ‘n ................................ om in die tuin te spit.

e) Die ................................... skyn ................................................. in die aand.

f) Ek ............................................ met my mond wyd oop.

g) As jy die .............................. gooi, sal ek dit in my hand vang.

h) Loop op jou tone, want die vloer is .................................

i) As die kinders so ...................................., druk ek my ore toe.

j) Die muis eet die ............................. wat in die ................................ is.

Een sak, maar baie ..............................

Een nar, maar baie ..............................

Een rak, maar baie ..............................

Een kat, maar baie ..............................

- e - woorde

ken.........Oupa se baard groei op sy ken . (chin)

tel..........Ek tel tot tien op my vingers. (to count)

nek........Mamma dra pragtige krale om haar nek . (neck)

pet.........Ek dra ‘n pet op my kop. (cap)

vel.........Die son brand my vel seer. (skin)

lek.........Boetie lek sy lippe af vir die lekker kos. (to lick)

veg........Die seuns veg met hul vuiste. (to fight)

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.