Wiskunde
Getalbegrip, optelling en aftrekking
Getalbegrip
Opvoeders afdeling
Memorandum
1.1 50 000 + 400 + 30 + 6
1.2 90 000 + 800 + 10 + 7
Kopkrapper!
100 000
100 000; honderd duisend
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om ‘n reeks tegnieke te gebruik om berekeninge te doen [1.10.3]
1. Kan jy nog onthou wat “uitgebreide notasie” beteken? Verduidelik gou vir ‘n maat. Kyk dan na die voorbeeld en kyk of jy die volgende getalle in uitgebreide notasie kan skryf.
bv. 36 518 = 30 000 + 6 000 + 500 + 10 + 8
1.1 50 436 =
1.2 98 017 =
Kopkrappers!
Watter getal is 10 keer groter as 10 000?
Kan jy die ontbrekende antwoorde invul?
9 + 1 = 10 tien
99 + 1 = 100 eenhonderd
999 + 1 = 1 000 eenduisend
9 999 + 1 = 10 tienduisend
99 999 + 1 = __________________ __________________
- Kom ons kyk of jy korrek was!
Honderdduisend | Tienduisend | Duisend | Honderd | Tien | Een |
HD | TD | D | H | T | E |
10 × 10 × 10 × 10 × 10 | 10 × 10 × 10 × 10 | 10 × 10 × 10 | 10 × 10 | 10 | 1 |
3 | 1 | 8 | 5 | 2 | 6 |
Ons lees 318 526: driehonderd en agtienduisend vyfhonderd ses en twintig
Jy was dus reg as jy 100 000 (honderdduisend) gesê het!
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.
Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid tegnieke gebruik om sowel skriftelike as hoofberekeninge met heelgetalle te doen, insluitend:
1.10.3: opbou en afbreek van getalle.