This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Natuurwetenskappe
Graad 5
Lewe en lewenswyse
Module 10
Oorlewing deur sintuie
Aktiwiteit:
Om inligting in te win oor diere en hul sintuie
[lu 2.2, 3.2]
Diere is baie afhanklik van hul sintuie om te kan oorleef. Om te kan oorleef, moet ‘n dier kos kan soek en in die hande kan kry en moet hy bewus wees van gevare. Sintuie speel ‘n belangrike rol in dié verband.
Opdrag:
- Identifiseer voorbeelde van soogdiere waarvan ‘n spesifieke sintuig baie goed ontwikkel is, (2) beskryf kortliks hoekom die sintuig so goed ontwikkel moet wees en (3) maak eenvoudige sketse van hierdie diere.
Die sintuie:
- Om te sien
- Om te hoor
- Om gevoel te ervaar
- Om te proe
- Om te ruik
Assessering
LU 2
KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 betekenisvolle inligting onthou;
2.2 inligting kategoriseer;
2.3 inligting interpreteer.
Memorandum
Opdrag:
Taak: Identifiseer diere: eie navorsing:
Voorbeelde: oë – leeu; ore – bakoorjakkals; gevoel – vis (tel trilling in water op); smaak – herbivoorblokke (my giftige planne); reuk – hiëna, bokke.
Read also:
OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.