Wiskunde
Graad 5
Vermenigvuldiging en deling
Module 31
Deling
Aktiwiteit 1:
Om hoofrekene te kan doen
[lu 1.10]
- Jy weet reeds hoe belangrik dit is om hoofreken te kan doen. Jy weet ook reeds hoe belangrik dit is om jou tafels te ken! In hierdie eenheid sal dit jou baie help om deling korrek te kan doen. Kom ons spring aan die werk. Hou jy ook van droë wors? Werk saam met ’n maat. Kyk goed na die “worsmasjiene”. Die een wat die antwoorde die gouste kan sê, maak die vinnigste wors!
Wie het gewen?
2. Werk nou op jou eie en kleur in volgens die kode: 4 = donkergrys ; 5 = pienk ; 6 = lig-grys ; 7 = swart ; 9 = rooi
3. Voltooi die tabelle:
34 | ||||||||
3.1 | Gedeel deur | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
Res | 1 | ............ | ............ | ............ | ............ | ............ | ............ |
61 | ||||||||
3.2 | Gedeel deur | 2 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
Res | 1 | ............ | ............ | ............ | ............ | ............ | ............ |
4. Kom ons kyk nou eers hoe jy in die volgende hoofrekentoets vaar. Voltooi dit so vinnig en akkuraat as wat jy kan.
4.1 35 – 5 – 5 – 5 = ............ | 4.11 108 – 12 – 12 – 12 = ............ |
4.2 64 – 8 – 8 = ............ | 4.12 72 – 9 – 9 = ............ |
4.3 42 ÷ 7 = ............ | 4.13 Halveer: 612: ............ |
4.4 54 ÷ 6 = ............ | 4.14 Halveer: 487: ............ |
4.5 ............ ÷ 7 = 8 | 4.15 Halveer: 1 036: ............ |
4.6 ............ ÷ 12 = 6 | 4.16 ............ ÷ 9 = 4 |
4.7 28 ÷ 4 = ............ | 4.17 ............ ÷ 8 = 6 |
4.8 280 ÷ 4 = ............ | 4.18 60 ÷ ............ = 5 |
4.9 280 ÷ 40 = ............ | 4.19 36 ÷ ............ = 4 |
4.10 2 800 ÷ 40 = ............ | 4.20 3 600 ÷ 90 = ............ |
Het jy geweet??
Deling is die omgekeerde van vermenigvuldiging. Ons noem deling die inverse van vermenigvuldiging.
Dus: 5 × 3 = 1515 ÷ 3 = 5 en15 ÷ 5 = 3
Ek vermenigvuldig dus as ek ’n deelsom wil toets en andersom.
Aktiwiteit 2:
Om die resiprookverhouding tussen vermenigvuldiging en deling te herken, te beskryf en te gebruik [lu 1.12.1]
1. Gebruik nou jou kennis van “inverse” en voltooi die volgende:
1.1 As 26 × 17 = 442, dan is 442 ÷ 17 = ................ en 442 ÷ ................ = 17
- As 24 × 30 = 720, dan is 720 ÷ ................ = 24 en 720 ÷ 24 = ................
Het jy ook geweet?
Wanneer ons deel, doen ons die volgende:
HERHAALDE AFTREKKING
12 ÷ 3 = 12 – 3 – 3 – 3 – 3 = 4
GROEPERING
12 ÷ 3: Ons moet 12 in 3 gelyke dele indeel
VERDELING
12 ÷ 3: Ons moet 12 gelykop tussen 3 verdeel
123
Aktiwiteit 3:
Om getalle te herken en voor te stel om hulle te beskryf en te vergelyk [lu 1.3]
1. Kom ons hersien. Kan jy nog onthou wat gebeur wanneer ons enige getal deur 1 deel? Werk saam met ’n maat en vind die antwoorde van die volgende:
1.1 5 ÷ 1 = .................................. 1.2 86 ÷ 1 = ............................
1.3 359 ÷ 1 = .............................. 1.4 4 625 ÷ 1 = .......................
1.5 32 174 ÷ 1 = .........................
2. Kan julle ’n reël vir deling deur 1 neerskryf?
KOPKRAPPER!
As 5 ÷ 1 = 5 en 86 ÷ 1 = 86, dan is:
1 ÷ 5 = .........................
1 ÷ 86 = .........................
1 ÷ 359 = .........................
1 ÷ 4 625 = .........................
As 1 die deeltal is, is die antwoord dus altyd ’n ..................................................