Wiskunde
Graad 5
Vermenigvuldiging en deling
Module 30
Vermenigvuldiging
Vermenigvuldiging
Aktiwiteit 1:
Om die veelvoude van enkelsyfergetalle te herken en voor te stel [lu 1.3.6]
Ek dink jy weet reeds hoe belangrik dit is om jou tafels goed te ken! In hierdie leereenheid sal dit jou help om sommer vinnig en korrek te vermenigvuldig. Kom ons kyk hoe goed ken jy jou tafels.
1. Haal die vrugtelekkers met die korrekte antwoorde uit die fles. Kleur hulle netjies in en skryf dan die letter van die alfabet wat daarop is neer. Vul so die ontbrekende woord in:
________________is ’n korter manier om herhaalde optelling te doen.
1.1 5 × 4
1.2 2 × 3
1.3 7 × 7
1.4 7 × 4
1.5 5 × 5
1.6 7 × 3
1.7 6 × 4
1.8 9 × 2
1.9 9 × 7
1.10 9 × 9
1.11 7 × 6
1.12 3 × 5
1.13 8 × 8
1.14 12 × 4
1.15 6 × 12
1.16 9 × 12
1.17 6 × 6
Aktiwiteit 2:
Om die faktore van minstens enige tweesyferheelgetal te herken en voor te stel [lu 1.3.7]
- Noudat jy presies weet wat “faktore” is, kan jy seker hul belangrikste funksie in vermenigvuldiging sien. Faktore help ons ook om ons antwoorde te toets wanneer ons vermenigvuldig. Ja, jy is reg! Ons gebruik dit om mee te deel wanneer ons wil toets of ons korrek vermenigvuldig het. Kyk nou hoeveel faktorpare jy vir die volgende getalle kan neerskryf.
a) 24 = ____ × ____ |
= _____ × _____ |
= _____ × ______ |
b) 36 = _____ × ______ |
= _____ × ______ |
= _____ × ______ |
= ______ × ______ |
= ______ × ______ |
2. Kom ons oefen die faktore nog ‘n bietjie. Kyk na die produkte (getalle) en skryf dan gepaste faktore vir hulle neer. Die eerste een is vir jou gedoen.
42 | 45 | 63 | 54 | 64 |
7 × 6 | ...................... | ...................... | ...................... | .................................... |
72 | 108 | 48 | 88 | 96 |
...................... | ...................... | ...................... | ...................... | .................................... |
Onthou jy ook nog?
Enige getal vermenigvuldig met 0 se antwoord is altyd 0 . (0 × 6 = 0)
Enige getal vermenigvuldig met 1 se antwoord is altyd die getal self. (9 × 1 = 9)
Aktiwiteit 3:
Om hoofrekene te kan doen [lu 1.9.2]
Nou word die faktore vir jou gegee. Al wat jy in jou eerste hoofrekentoets moet doen, is om goed na die vermenigvuldigingstabel en faktore te kyk en dan net die ontbrekende antwoorde neer te skryf. Sommer maklik, of hoe?
X | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 12 |
5 | 20 | ............ | 30 | ............ | 40 | ............ | 60 |
6 | ............ | 30 | 36 | 42 | ............ | 54 | ............ |
7 | 28 | ............ | 42 | ............ | 56 | ............ | 84 |
8 | ............ | 40 | ............ | 56 | ............ | 72 | ............ |
9 | ............ | ............ | 54 | ............ | 72 | ............ | 108 |
2 | 48 | 60 | ............ | 84 | ............ | 108 | ............ |
Voltooi: Ek het ......................... reg!
Aktiwiteit 4:
Om verskillende maniere van skryf in verskillende kulture te beskryf en te illustreer [lu 1.2]
Deur getalle te verdubbel kan ons vinniger by die antwoord van ‘n vermenigvuldigsom uitkom. Ons kan dus hier van die Egiptenare leer. Werk saam met ‘n maat en kyk of julle kan uitvind hoe hulle hierdie berekening gedoen het.
28 × 324
1 × 324: | 324 | (1 × 324) |
Verdubbel 324: | 648 | (2 × 324) |
Verdubbel 648: | 1 296 | (4 × 324) |
Verdubbel 1 296: | 2 592 | (8 × 324) |
Verdubbel 2 592: | 5 184 | (16 × 324) |
Dus: 28 × 324 = | 9 072 |