Ronnie se ma is 'n huisvrou en pas nog sy oom en tante se twee kinders ook op. Sy jonger sussie en boetie bly ook bedags by sy mamma, want hulle is nog nie op skool nie. Hy en sy ouer broer en oudste suster is op skool. Omdat sy ouers so hard werk, kom kyk sy oupa hoe hy en sy broer smiddae sokker speel. Oupa woon ook by hulle en help die kinders met hul tuiswerk. Hy bederf hulle almal.
Gesin B
Danie is die jongste van drie kinders. Sy ouer broer en suster is nie meer op skool nie. Sy suster werk al en sy broer is op universiteit. Danie is 'n laatlam en daarom word hy baie alleen groot. Dit voel vir hom asof hy die enigste kind is, want sy broer en suster is nie vir hom speelmaats nie. Hulle is ook amper nooit tuis nie.
Sy ouers is baie ouer as sy maats se ouers. Sy ma werk vanuit die huis. Sy bak koek om te verkoop en daarvan hou hy niks nie, want Mamma is gedurig besig in die kombuis. Sy pa werk in 'n kantoor en kom saans baie moeg huis toe. Sy pa moet ook gereeld vergaderings bywoon, maar gelukkig is sy pa 'n slim man en kan hy hom naweke met sy tuiswerk help. Daarna speel hulle graag 'n potjie skaak.
Aktiwiteit 4
Om byskrifte te skryf om inligting oor te dra [lu 4.1.1]
- Voltooi die volgende werkvel deur 'n in die regte kolom te maak. Werk saam met jou maat. Vergelyk jul antwoorde.
Storie A | Storie B | |
Bv. 1. Die pappa speel graag skaak. | ||
2. Die oudste suster werk al. | ||
3. Die seuns speel sokker. | ||
4. Die mamma werk by die huis. | ||
5. Die oupa woon saam met die gesin. | ||
6. Die oudste broer is nog op skool. | ||
7. Daar is vyf mense in die gesin. | ||
8. Pappa werk buite. | ||
9. Die seuntjie is baie eensaam. | ||
10. Die ouers is die oudste van die twee gesinne. | ||
11. Daar is nog voorskoolse kinders in die gesin. | ||
Aktiwiteit 5
Om te lees vir genot [lu 3.5.1]
Oefen tuis om die twee leesstukke hardop te lees en lees vir jou ouers of enige familielid.
Assessering
Leeruitkoms 2: praat
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
- gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:
2.4.1 vertel ‘n eenvoudige storie.
Leeruitkoms 3: lees en kyk
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.5 vir genot en inligting lees:
3.5.1 heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak lees.
Leeruitkoms 4: skryf
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.1 byskrifte by eenvoudige kaarte teken en skryf.
Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.9 determineerders en telwoorde (soos: ‘n, die, een, tweede, min, baie);
6.2.10 alledaagse voorsetsels, byvoorbeeld om plek aan te dui (soos: in, onder, bo, langs);
Memorandum
Aktiwiteit 1
(a) langs
(b) tussen
(c) agter
(d) bo
onder
- voor
Aktiwiteit 2(b)
1. een
2. twee
3. drie
4. vier
5. vyf
6. ses
7. sewe
8. agt
9. nege
- tien
Aktiwiteit 2(c)
Louis tweede
Helen derde
David vierde
Brent vyfde
Tom sesde
Gwen sewende
Jan agste
Sue negende
James tiende