Afrikaans eerste addisionele taal
Graad 4
Die mense naaste aan my
Module 8
Twee soorte gesinne
WAT KOM WAAR? ('n Skriftelike takie)
Aktiwiteit 1
Om van voorsetsels te leer [lu 5.4.3]
Maak van die volgende woorde gebruik om in die spasies in te vul.
Vergelyk jou sinne met 'n maat se sinne.
agter, voor, langs, bo, onder, tussen
(a) Sue en haar sussie sit ............................. Oupa op die bank.
(b) As Sussie bang is, gaan lê sy .................................. Ma en Pa in die bed.
(c) As ons kinders kwaad doen, kruip ons ............................... die
deur weg.
(d) Tonie en sy boetie slaap op 'n stapelbed. Tonie slaap.................
en Boetie slaap ........................................
(e) My boetie wat .......................................... my gebore is, is die oudste kind in ons gesin.
'N GROOT GESIN (Spelling)
Aktiwiteit 2
Om van telwoorde te leer [lu 6.2.9]
In hierdie gesin is daar so baie kinders.
(a) Tel saam in jul groepies hoeveel kinders daar is.
(b) Skryf die getalname neer en vergelyk die spelling van die woorde met die res van die groepie.
1 ...........................................................
2 ...........................................................
3 ...........................................................
4 ...........................................................
5 ...........................................................
6 ...........................................................
7 ...........................................................
8 ...........................................................
9 ...........................................................
10 ...........................................................
(c) Die kinders is so gerangskik van die eerste (oudste) tot die laaste (jongste). Skryf nou die posisie van elke kind langs elke naam neer. Werk in pare en vergelyk jul woorde met die ander paar in jul groepie.
Naam ......................................... Posisie
Dawn ............................. eerste
Louis .....................................................
Helen .....................................................
David .....................................................
Brent .....................................................
Tom .....................................................
Gwen .....................................................
Jan .....................................................
Sue .....................................................
James .....................................................
TWEE SOORTE GESINNE (Leesstukke)
Aktiwiteit 3
Om ‘n storie te vertel [lu 2.4.1]
Hier volg twee leesstukke oor twee verskillende gesinne.Werk in pare.
(a) Elke lid lees een van die twee leesstukke en vertel vir die ander leerder wat hy/sy gelees het.
Gesin A
Ronnie se gesin bestaan uit agt lede. Sy pa is 'n bouer en werk baie hard. Hy is amper nooit tuis nie, want hy begin soggens vroeg en werk tot saans laat. Saterdae het hy ook altyd iets om te doen. Net Sondae is hy tuis om saam met sy gesin deur te bring.