Vermenigvuldig - 2×, 4×, 5× en 10× tot 10de veelvoud; (tafels)
Deel - ÷2, ÷4, ÷5 en ÷10 tot die 10de veelvoud. (tafels)
Integreer die ontwerp van die hoedjie (p. 16) en die geskenkpapier (bl. 24) met Tegnologie. Dit kan ook met die hele klas gelyktydig gedoen word.
Met die talle berekeninge met geld en ander hoeveelhede wat die leerders moet doen, behoort hulle bewus te wees van die feit dat Wiskunde ons daagliks omring.
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: verdubbeling [lu 1.7, lu 1.8, lu 1.9, lu 1.10, lu 2.3, lu 3.6, lu 4.5]
- Bonnie en Tommie wil uitvind wat gebeur as jy 2 keer verdubbel.
Skryf 'n getalsin en los die probleem op. Wys hoe jy dit doen.
Mamma bak 20 koekies en verpak dit in 4 blikke. Hoeveel koekies het sy in elke blik gepak?
- Sy het____________________________________________________.
- Bonnie en Tommie gebruik soms die getalsinne om hul eie stories te
skryf. Kyk of julle dit ook kan doen. Doen dan ook die bewerking.
54 + 34 = ______ |
87 - 52 = ______ |
10 x 6 = _____ |
50 ÷ 5 = _____ |
- Gebruik die blokke en ontwerp 'n patroon vir die geskenkpapier vir Bonnie en Tommie.
- Hier is 'n paar moontlike geskenke vir Bonnie en Tommie. Kom ons rond die pryse af tot die naaste rand. As die sente 50c of meer as 50c is, word R1 bygetel, maar as dit 49c of minder is, word dit weggegooi.
Bv. Prys: | R43,59R43,49 |
Afgerond: | R44R43 |
- Bereken hoe ver jy geloop het. Die afstand tussen twee kolle is 2 meter.
- Loop op die pad, tel in tweë en trek elke keer 'n kring om die kol waar jy
- die tien volmaak.
Hoe ver het jy geloop? _________m
Nou moet julle eers die rugbyveld se lengte gaan meet. Besluit eers hoe julle dit kan doen en dan watter manier die beste sal wees.
Die lengte van die rugbyveld is__________m.
Het jy verder as die lengte van die rugbyveld geloop?
____, ek het______________________________________________
Wie gaan partytjie hou?
- Bonnie en Tommie soek nog die maats om na hul partytjie te nooi.
- Om uit te vind, tel hierdie blokke dwars en af bymekaar. Die eerste een is vir julle gedoen.
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk getalle;
Assesseringstandaard 1.7 Dit is duidelik wanneer die leerder praktiese probleme oplos wat gelyke verdeling en groepering behels en verduidelik die antwoorde, wat sowel eenheidsbreuke as nie-eenheidsbreuke kan insluit (bv. ¼, ¾);
Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;
Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;
Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:
1.10.1 opbou en afbreek van getalle;
1.10.2 verdubbeling en halvering;
1.10.3 getallelyne;
1.10.4 afronding in tiene.
Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.
Assesseringstandaard 3.6: Dit is duidelik wanneer die leerder lees, interpreteer en teken informele kaarte van die skoolomgewing of van ’n groep driedimensionele voorwerpe en dui die voorwerpe op die kaart aan;
Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder skat, meet, vergelyk en orden driedimensionele voorwerpe volgens nie-standaard- en standaardmate.