Wiskunde
Wiskunde in die wêreld rondom ons
Opvoeders afdeling
Memorandum
Kritieke- en ontwikkelings uitkomste
Die leerders moet uiteindelik kan:
1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;
2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;
3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;
4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;
5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;
6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;
7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;
8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;
9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;
10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;
11. opvoedings- en beroepsmoontlikhede ondersoek; en
12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.
Integrasie van Temas:
- ‘n Gesonde Omgewing: Ons paaie word deur baie voertuie gebruik en dit is ‘n belangrike oorsaak van besoedeling. Bespreek. Veiligheid op ons paaie is essensieel. Leerders moet padreëls en veiligheidsreëls wat deur die skool en die owerhede ingestel is, gehoorsaam. Bespreek wat gedoen kan word om die leerders se veiligheid na en van die skool te verseker. Plante en blomme versier ons omgewing en moet beskerm word. Moenie hulle vernietig nie.
- Inklusiwiteit: Mens, dier en plant is van mekaar afhanklik om te oorleef. Bespreek en gee voorbeelde.
- Voertuie maak ‘n belangrike deel van leerders se ervarings uit. Aktiwiteite soos tel tot by 150, ‘n grafiek wat afstande en voertuie bepaal, asook die uitbreiding van samestellings van 16, word gebruik.
- Voorwerpe tot 50 word geskat, gegroepeer en getel.
- Die vermenigvuldigingstafel van 2 word bekend gestel en optelling en aftrekking van 6, 7, 8 en 9 word ingesluit.
- Vorms word geïdentifiseer en gesorteer deur hulle in te kleur.
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: verdubbeling [lu 1.9.2, lu 1.10.2]
- Voltooi:
- Voltooi:
LU 1.9.2 |
- Voltooi:
LU 1.9.2 |
- Voltooi:
- Pas die korrekte ryers by die korrekte motorfietse.
LU 1.9.2 |
- Kyk om te leer.
- Dus
- Verdubbel:
LU 1.9.2 | LU 1.10.2 |
- Kyk om te leer.
- Teken:
- Dus
LU 1.9.2 |
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;
1.9.2 vermenigvuldiging van heelgetalle met oplossings tot minstens 20;
Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:
1.10.2 verdubbeling en halvering.