Wiskunde
Getalbegrip, optelling en aftrekking
Getalbegrip
Opvoeders afdeling
1.1 6
1.2 12
1.3 775
1.4 9
1.5 11
1.6 3 700
1.7 9 rem 3
1.8 6 rem 5
1.9 6 248
1.10 504
1.11 350
1.12 45
1.13 8
1.14 19 000
1.15 1 rem 16
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om hoofrekene te kan doen [lu 1.9.1, lu 1.9.2]
1. Teen hierdie tyd weet jy al hoe belangrik dit is om flink te kan dink sonder om ‘n potlood en papier byderhand te hê. Beantwoord die volgende vrae so vinnig en akkuraat moontlik en kyk of jy kan verbeter op jou vorige hoofrekentoets:
1.1 54 ÷ 9 = ________________________
1.2 __________________________ x 8 = 96
1.3 5 000 – 4 225 = ___________________
1.4 (7 x ____________________) + 9 = 70
1.5 (9 x 5) - ____________________ = 34
1.6 2 575 + 1 125 = ___________________
1.7 84 ÷ 9 = _________________________
1.8 53 ÷ 8 = _________________________
1.9 Verdubbel 3 124: ______________________
1.10 Halveer 1 008: _______________________
1.11 250 + 75 + 25 = __________________
1.12 (12 x 12) - ___________________ = 99
1.13 (42 + _____________) x 1 000 = 50 000
1.14 Rond af tot die naaste 1 000: 19 450 : ___________________
1.15 (9 x 12) ÷ 92 = ________________________
Voltooi: Ek het _______________________________ reg!
My punte het | VERSWAK | DIESELFDE GEBLY | VERBETER |
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.
Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat die volgende behels:
1.9.1: optelling en aftrekking;
1.9.2: vermenigvuldiging van heelgetalle tot minstens 12 x 12.