Wiskunde
Getalbegrip, optelling en aftrekking
Getalbegrip
Opvoeders afdeling
Memorandum
- 203; 190; 173; 208; 236; 222; 253; 471; 570; 459; 423; 472; 430; 343; 453; 357; 315
1 000 000
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om hoofrekene te kan doen [lu 1.8.2]
Kompetisie tyd!
- Kompeteer teen ’n maat en kyk wie kan die volgende pyldiagram eerste KORREK voltooi. Jy mag nie ’n sakrekenaar gebruik nie.
Die merkwaardige miljoen!
Jy weet reeds:
10 x 10 = 100
100 x 10 = 1 000
1 000 x 10 = 10 000
10 000 x 10 = 100 000
Kyk goed na die patroon hierbo en vul in:
100 000 x 10 = ______________________________________________________
Korrek! 100 000 x 10 = 1 000 000
Ons lees: 1 000 000 eenmiljoen
- In the notation column it looks like this:
Miljoen | Honderdduisend | Tienduisend | Duisend | Honderd | Tien | Een |
M | HD | TD | D | H | T | E |
1 000 000 | 100 000 | 10 000 | 1 000 | 100 | 10 | 1 |
- Kom ons lees die groot getalle
4 721 568 word gelees as 4 miljoen 721 duisend 568
Dus: viermiljoen sewehonderd een en twintig duisend vyfhonderd ag en sestig
Let op!
Ons groepeer die syfers drie-drie van agter af.
Die eerste spasie van links sê vir ons hoeveel miljoene daar is. Die tweede spasie van links dui aan hoeveel duisende daar is.
Bv. 3 (miljoen) 268 (duisend) 413
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.
Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat die volgende behels:
1.9.1: optelling en aftrekking;