Wiskunde
Getalbegrip, optelling en aftrekking
Aftrekking
Opvoeders afdeling
Memorandum
2.1 en 2.2 eie antwoord
LEERDERS AFDELING
Inhoud
Aktiwiteit: om die gelykwaardigheid en geldigheid van verskillende voorstellings te bepaal [lu 2.6]
Om strategieë te gebruik om oplossings te kontroleer [lu 1.11]
- By aktiwiteit 3.8 het julle jul eie tegnieke en strategieë gebruik om die probleme op te los. In jul terugvoering aan die klas het jul seker gesien dat daar meer as een manier is waarop ons getalle kan aftrek. Verdeel in groepe van drie. Lees die volgende probleem goed deur en werk dan saam deur die verskillende metodes om dit op te los:
32 564 mans en 29 436 dames het na ’n rugbywedstryd gaan kyk.
- Hoeveel meer mans as dames was daar?
1.1 Ek hou daarvan om by te tel:
32 564 – 29 436
Dus:29 436 + 64 = 29 500
29 500 + 500 = 30 000
30 000 + 2 564 = 32 564
64 + 500 + 2 564 = 3 128
Daar was dus 3 128 meer mans as dames.
1.2 Ek rond die tweede getal af tot die naaste 100 :
32 564 – 29 436
Dus: 32 564 – 29 400 = 3 164
3 164 – 36 = 3 128
Die antwoord is 3 128 meer mans.
1.3 Ek verkies om die aftrekker af te rond tot die naaste 1 000 :
32 564 – 29 436
Dus: 32 564 – 29 000 = 3 564
3 564 – 436 = 3 128
1.4 Ek werk die verskil “stuk vir stuk” (stap vir stap) uit :
32 564 – 29 436
Dus: 32 000 – 29 000 = 3 000
564 – 436 = 128
3000 + 128 = 3 128
1.5 Ek skryf die getalle eers in uitgebreide notasie:
32 564 – 29 436
Dus: 30 000 + 2 000 + 500 + 60 + 4
- 20 000 + 9 000 + 400 + 30 + 6
Nou hergroepeer ek:
20 000 + 12 000 + 500 + 50 + 14
- 20 000 + 9 000 + 400 + 30 + 6
0 + 3 000 + 100 + 20 + 8
Die antwoord is dus 3 128
1.6 Ek bereken die verskil deur met negatiewe getalle te werk:
32 564 – 29 436
Dus: 30 000 – 20 000 = 10 000
2 000 – 9 000 = – 7 000 (ek moet nog 7 000 aftrek)
500 – 400 = 100
60 – 30 = 30
4 – 6 = – 2 (ek moet nog 2 aftrek)
Die verskil is dus:
10 000 – 7 000 + 100 + 30 – 2 = 3 128
2. 2.1 Watter van bogenoemde metodes is vir JOU die maklikste? _____________________________________________________________________
Hoekom? _______________________________________________________________
_____________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________________________________________________
2.2 Kan julle groep aan nog ‘n metode dink om die verskil te bereken?
_____________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________________________________________________
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.11: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om oplossings te kontroleer en die redelikheid van oplossings te beoordeel.
Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.
Assesseringstandaard 2.6: Dit is duidelik wanneer die leerder bepaal, deur bespreking en vergelyking, die ekwivalensie van verskillende beskrywings van dieselfde verwantskap of reël wat soos volg voorgestel word:
2.6.1 woordeliks;
2.6.2 in vloeidiagramme;
2.6.3 met getalsinne.