Wiskunde
Getalbegrip, optelling en aftrekking
Aftrekking
Opvoeders afdeling
Memorandum
1.1 2 614
1.2 5 860
2-4 Eie antwoord
LEERDERS AFDELING
Inhoud
Aktiwiteit: om probleme in konteks te kan oplos [lu 1.6] om ‘n reeks tegnieke te gebruik om berekeninge te doen [lu 1.10]
Julle het seker al oor die nuus of in die koerante gesien dat probleme soos diè hieronder vandag baie algemeen is. Ons moet berekeninge korrek kan doen as ons antwoorde vir hierdie probleme wil vind.
1. Deel in groepe van drie. Kyk of julle die volgende probleme kan oplos. Jul opvoeder sal jul van die nodige folio voorsien.
1.1 Na vreeslike oorstromings in hul dorp, besluit die Laerskool Sonskyn om soveel moontlik komberse aan die vloedgeteisterdes te skenk. Mev. Kuhn, die skoolhoof, sê dat daar ongeveer 10 000 komberse benodig word. As die leerders 7 386 komberse insamel, hoeveel komberse word nog benodig?
1.2 Twee fabrieke vervaardig lekkergoed vir minderbevoorregte kinders. As die Lollipop-fabriek 15 125 lekkers verpak het en die Jelliebaba-fabriek 20 985 lekkers, hoeveel minder lekkers het die Lollipop-fabriek gehad om te versprei?
2. Verduidelik aan die res van die klas hoe julle groep die antwoorde bereken het.
3. Vergelyk jul metodes. Hoe verskil hulle van mekaar?
4. Gebruik ‘n sakrekenaar om die antwoorde te kontroleer.
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme in konteks oplos, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, te bevorder:
1.6.1 finansiële kontekste (insluitend koop en verkoop, wins en verlies, en eenvoudige begrotings).
Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid tegnieke gebruik om sowel skriftelike as hoofberekeninge met heelgetalle te doen, insluitend:
1.10.1 optelling en aftrekking in kolomme.