<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Sel as ‘n sisteem:
Positiewe pool (uitsteeksel), negatiewe pool (plaat), houer met mengsel waarin lading ontwikkel en gestoor word.
Voorbeelde:
Flits, radio, wekker, afstandbeheer, sakrekenaar, horlosie, ens.
Geleiers/nie-geleiers:
Geleiers – skuifspeld, spyker, metaalskerpmaker, sleutel, haarnaald, water.
Nie-geleiers – potlood, plastiekliniaal, skoenveter, proefbuis, uitveër, brilraam (nie-metaal)
Opdrag 4:
Iets om te doen:
Die doel met die speletjie is om die draad deur die hindernis te beweeg, sonder om die draad te raak. As dit raak, brand die lampie. Besluit op die toelaatbare aantal probeerslae.
Stroombaan as ‘n sisteem : Die sel verskaf die energie wat deur die draad beweeg, en die lampie laat brand.
Demping van lampie: Hoe langer die draad waardeur die energie moet vloei, hoe dowwer brand die gloeilampie.
'n Eenvoudige flitssel
Aan die bokant van die sel is daar ‘n klein metaalknoppie in die middel. Dit is die positiewe (+) pool van die sel. Die metaalbodem van die sel vorm die negatiewe (-) pool van die sel.
_____________________________________________________________________

1. ___________________________________________________________________
2. ___________________________________________________________________
3. ___________________________________________________________________
4. ___________________________________________________________________
5. ___________________________________________________________________
‘n Eenvoudige stroombaan soos hierdie kan van ‘n enkele sel gebou word.
Toe jy die gloeilampie, die sel en die geleidingsdraad gekoppel het, het jy ‘n elektriese stroombaan gemaak. Beskryf die stroombaan as 'n sisteem:
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Voordat ons stroombane verder ondersoek, is dit belangrik dat ons eers meer te wete kom oor geleiers en nie-geleiers.
Energie kan op verskillende maniere oorgedra word. Wanneer elektrisiteit deur ‘n sekere materiaal “vervoer” kan word, noem ons dit ‘n geleier . As ‘n materiaal egter nie die vermoë het om elektrisiteit te “vervoer” of te gelei nie, word dit ‘n nie-geleier genoem. Jy kan ‘n toetsapparaat opstel waarmee daar bepaal kan word of ‘n materiaal ‘n geleier of ‘n nie-geleier is.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?