<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 4

Organisasie en bestuur

Module 7

Wat is ‘n organisasie?

Dis reg. Ons kan “ ORGANISASIE ” spel deur al elf letters te gebruik!

Nou kom ons by die maklike deel…. Wat is ‘n organisasie?

Aktiwiteit 1

Om ‘n organisasie te definieer [lu 3.1]

A. Groepwerk

Gesels in jul groepe en kyk of julle ‘n kort definisie vir ‘n organisasie kan skryf.

Hou nou ‘n kort klasbespreking oor almal se bydraes en formuleer ‘n klasdefinisie.

Behoort jy aan enige organisasies?

Indien ja, hoeveel mense behoort aan hierdie organisasie?

Behoort jou ouers / familie aan enige organisasies?

B. Hier volg ‘n paar voorbeelde van organisasies:

  1. O uer- en Onderwysersvereniging
  2. Raad van Verteenwoordigers
  3. G ereformeerde Kerk
  4. A NC
  5. N asionale Krieketraad
  6. I nstituut vir Dwelmverslawing
  7. S enior Burgers-Hulpfonds
  8. A artappelprodusente Vereniging
  9. S uid-Afrikaanse Lugdiens
  10. I nternasionale Rugbyraad
  11. E landspark Laerskool

Ek is seker jou begrip van die term “organisasie” raak al beter.

Aktiwiteit 2

Om oor die eienskappe van ‘n organisasie na te dink [lu 3.1]

C. Deur nou die lys met voorbeelde in gedagte te hou, kyk of julle in jul groepe ‘n paar eienskappe van ‘n organisasie kan neerskryf:

Kyk of julle die volgende eienskappe op julle lys het:

‘n ORGANISASIE is ‘n groepering van mense wat…

gewoonlik dieselfde voel oor ‘n spesifieke saak;

‘n gemeenskaplike doel voor oë het ( ‘n doel wat vir almal geld);

volgens spesifieke reëls en regulasies funksioneer, en

‘n eie unieke naam het.

D. Gebruik nou alle inligting wat jy sover oor ‘n ORGANISASIE versamel het en bespreek die volgende stelling krities (m.a.w. sê of dit waar of onwaar is en gee redes vir jou antwoord):

“My gesin is ‘n organisasie.”

E.gevallestudie

MY SKOOL - ‘N ORGANISASIE

Aktiwiteit 3

Om oor jou skool as organisasie te dink [lu 3.2]

Beantwoord die volgende vrae oor jou skool as ‘n organisasie.

  • Wat is die naam van die organisasie?
  • Hoeveel mense behoort aan die organisasie?
  • Wat is die hoofdoel van die organisasie?
  • Hoeveel lede behoort aan die organisasie?
  • Bestaan daar reëls binne die organisasie?
  • Wat gebeur indien die lede die reëls oortree?
  • Hoe voel jy as die organisasie op ‘n spesifieke terrein presteer?

F. Organisasie / Grondwet

Die reëls waarbinne ‘n organisasie funksioneer, word die KONSTITUSIE of GRONDWET genoem. Die grondwet sluit die volgende in:

  • die naam van die organisasie;
  • wat die organisasie probeer bereik;
  • wie almal lede van die organisasie mag wees;
  • hoe gereeld vergaderings gehou moet word;
  • hoe die organisasie bestuur moet word.

Die grondwet van suid-afrika

Aan die begin van die 1990’s het die politieke partye in ons land besluit dat Suid-Afrika ‘n nuwe nasionale grondwet (stel reëls waarbinne almal in Suid-Afrika moet leef) nodig het. Hierdie nuwe grondwet is in 1994 saamgestel en ons eerste demokratiese verkiesing om ‘n nuwe regering te verkies het ook in daardie jaar plaasgevind. Die grondwet se hoofdoel is om die regte van elke inwoner van die land te beskerm. Almal moet die reëls gehoorsaam - selfs die regering.

Aktiwiteit 4

Om ‘n grondwet vir die skool as organisasie te skryf [lu 3.1]

Probeer nou om ‘n grondwet (stel reëls waarbinne die organisasie funksioneer) vir jou skool as ‘n organisasie te skryf.

Assessering

LEERUITKOMS 3: BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSIËLE KENNIS EN VAARDIGHEDE

Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.1 deelneem aan die bestuur van ‘n klasprojek (beplanning, organisering, leiding en beheer);

3.2 drie verskillende soorte plaaslike sakeondernemings onderskei.

Memorandum

Bladsy 1

  • Na groepgesprekke word daar terugvoering gegee en as klas word ‘n definisie van “organisasie” geformuleer (opvoeder fasiliteer).

Bladsy 2

  • Met behulp van voorkennis en inligting wat in hierdie module versamel word, word ‘n lys van eienskappe van organisasies gemaak.

Bladsy 3

  • Is hierdie stelling waar of onwaar? Gebruik eienskappe by bladsy 2 om dit te bepaal.

Bladsy 3

  • Individueel of kleingroep. Opvoeder fasiliteer en verskaf antwoorde waar nodig.

Bladsy 4

  • Leerders lys kortliks die reëls van hul eie skool.

Questions & Answers

calculate molarity of NaOH solution when 25.0ml of NaOH titrated with 27.2ml of 0.2m H2SO4
Gasin Reply
what's Thermochemistry
rhoda Reply
the study of the heat energy which is associated with chemical reactions
Kaddija
How was CH4 and o2 was able to produce (Co2)and (H2o
Edafe Reply
explain please
Victory
First twenty elements with their valences
Martine Reply
what is chemistry
asue Reply
what is atom
asue
what is the best way to define periodic table for jamb
Damilola Reply
what is the change of matter from one state to another
Elijah Reply
what is isolation of organic compounds
IKyernum Reply
what is atomic radius
ThankGod Reply
Read Chapter 6, section 5
Dr
Read Chapter 6, section 5
Kareem
Atomic radius is the radius of the atom and is also called the orbital radius
Kareem
atomic radius is the distance between the nucleus of an atom and its valence shell
Amos
Read Chapter 6, section 5
paulino
Bohr's model of the theory atom
Ayom Reply
is there a question?
Dr
when a gas is compressed why it becomes hot?
ATOMIC
It has no oxygen then
Goldyei
read the chapter on thermochemistry...the sections on "PV" work and the First Law of Thermodynamics should help..
Dr
Which element react with water
Mukthar Reply
Mgo
Ibeh
an increase in the pressure of a gas results in the decrease of its
Valentina Reply
definition of the periodic table
Cosmos Reply
What is the lkenes
Da Reply
what were atoms composed of?
Moses Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11085/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask