<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 4

Organisasie en bestuur

Module 8

Soorte organisasies

A.nasionale en internasionale organisasies

Gevallestudie:

Die SOS Kinderdorpe ( Children’s Villages )

Die eerste SOS Kinderdorp is in 1949 deur Hermann Gmeiner in Imst, Oostenryk, gestig. Hy was begeesterd om kinders in nood te help: kinders wat hul ouerhuise verloor het, kinders wat hul sekuriteit en ouers gedurende die Tweede Wêreldoorlog verloor het. Met behulp van baie donateurs en vrywilligers het sy inisiatief gegroei tot ‘n wêreldwye organisasie wat kinders in nood help.

Dit is ’n onafhanklike, nie-regerings-, sosiale organisasie. Dit respekteer ‘n verskeidenheid van godsdienste en kulture en funksioneer in lande en gemeenskappe waar hul missie kan bydra tot ontwikkeling. Hulle funksioneer volgens die Verenigde Nasies se Konvensie oor Kinderregte en poog om hierdie regte dwarsoor die wêreld te bevorder.

Hulle volg ‘n gesinsbenadering wat op die volgende vier beginsels geskoei is:

  • elke kind het ‘n moeder nodig;
  • elke kind ontwikkel meer natuurlik tussen broers en susters;
  • die kind moet die veiligheid van ‘n eie huis ervaar;
  • die huis moet geleë wees binne ‘n ondersteunende gemeenskap (village).

Die eerste Suid-Afrikaanse SOS Kinderdorp is in 1983 in Ennerdale, naby Johannesburg, opgerig, en die tweede in 1986 in Mamelodi. Aan die begin was die kinderdorpe in swart gemeenskappe geleë, maar dit het later na gemengde areas uitgebrei, soos die een in Port Elizabeth. Daar is tans ses sulke kinderdorpe in Suid-Afrika met ‘n sewende een wat beplan word in Mpumalanga.

Aktiwiteit 1

Om vrae oor die sos kinderdorpe te beantwoord [lu 3.2]

Beantwoord kortliks die volgende vrae nadat jy die gedeelte oor die SOS Kinderdorpe bestudeer het.

  • Hoeveel SOS Kinderdorpe is daar in Suid-Afrika?

..........................................................................................................

  • Wanneer en deur wie is hierdie organisasie gestig?

.........................................................................................................

  • Watter groot wêreldgebeurtenis het aanleiding gegee tot die stigting?

..........................................................................................................

  • Hoe verkry die organisasie hul fondse?

........................................................................................................

  • Watter vier beginsels word nagevolg by die huisvesting van kinders in die SOS Kinderdorpe?

.........................................................................................................

.........................................................................................................

.........................................................................................................

.........................................................................................................

Die SOS Organisasie is nie net beperk tot Suid-Afrika nie. Daar is SOS Kinderdorpe regoor die wêreld. So ‘n organisasie wat wêreldwyd funksioneer, word ‘n internasionale organisasie genoem. Daar bestaan baie organisasies wat slegs tot een land, bv. Suid-Afrika, beperk is (n asionale organisasies ) . Kan jy dalk aan ‘n paar voorbeelde van internasionale organisasies dink?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11085/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask