<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 7

Module 1

Gebruik ‘n woordeboek

WILDEHONDE EN WOLWE

Luister na die volgende verhaal oor wolwe:

WOLWE IN DIE WILDERNIS

“Hoekom is Ouma se oë so groot?”

“Om beter te kan sien, my kind.”

“En hoekom is Ouma se ore so groot?”

“Om beter te hoor, my kind.””Hoekom is Ouma se neus so ……………………”

ensovoorts, ensovoorts.

Nie een van ons het grootgeword sonder dat hierdie wrede, vreesaanjaende verhaal nie een van ons eerste kennismakings was met die wêreldletterkunde nie. Die wolf is byna sonder uitsondering uitgebeeld as die allerwreedste dier met lang, skerp tande wat gereed maak om vir Rooikappie te verslind. Deesdae word die ouma genadiglik in die klerekas aangetref nadat die houtkapper die wolf met sy byl om die lewe gebring het. Vroeër het hy die wolf se maag oopgesny om die ouma te bevry!

En dan was daar ook die wolf wat die drie varkies geterroriseer het.

Ons het grootgeword met die idee dat wolwe boosaardige monsters is wat in die bosse skuil, oorgehaal om mense aan te val. Selfs die woordeboeke sê dat wolwe vraatsugtige roofdiere is wat groot skade onder vee, wild en beeste aanrig, en in ‘n groep selfs mense aanval.

Dit is egter nie heeltemal ‘n geregverdigde siening nie. Wildehonde, waarvan die wolf ‘n afstammeling is, is jagters, maar hulle maak nie naastenby soveel huisdiere dood as wat mense dink nie. Hulle maak wel jag op rotte, muise en ander diere wat die boere se oeste vernietig. Daar is nêrens enige bewyse dat ‘n wildehond al ‘n mens doodgemaak het nie. Die mens, daarenteen, maak reeds vir eeue jag op wildehonde. Wildehonde het meer rede om die mens te vrees as wat die mens wildehonde moet vrees.

Wildehonde, waarvan die gryswolf die grootste spesie is, bewoon reeds die aarde lank voordat die mens op die toneel verskyn het. Mettertyd het die mense hul opwagting gemaak, en het hulle en die wolwe in vreedsame naasbestaan met mekaar gelewe.

Maar toe gebeur daar ‘n snaakse ding. Die wolwe het in twee kampe verdeel. Die een groep het besluit om by die mense aan te sluit, en voordeel te trek uit die mens se uitvindsels. Hulle het die knusheid van die kampvure geniet en daarmee saam die braaivleis wat na hulle kant toe gekom het, veral gedurende die koue wintermaande. Hierdie groep het hulself Honde genoem. Hulle makkers het hulle met afkeur van ‘n afstand betrag. Nee, het hulle gedink, hulle was die heersers van die wildernis, en het hulleself Wolwe genoem. Hulle sou jag maak op bokke en van rou vleis lewe.

Mettertyd het daar meer mense gekom en het die wildernis al kleiner en kleiner geword. Die lewensruimte van die wolwe het kleiner en kleiner geword. Die mense het op die wolwe jag gemaak, maar die wolwe kon nie op die mense jag maak nie. Daar is met gewere op die wolwe geskiet en hulle is in slagysters gevang. Die mees geslaagde manier om wolwe uit te roei, was met gif. Op hierdie manier sou die mens die wêreld wolfvry maak!

Die mensdom het byna daarin geslaag, want vandag is daar byvoorbeeld net ‘n handjievol gryswolwe in die wêreld oor en die rooiwolf word slegs in dieretuine aangetref. Vir wolwe om te oorleef, het hulle groot gebiede in die wildernis nodig waar hulle vrylik kan rondbeweeg. Ons moet besef dat wildehonde nie meer ‘n bedreiging vir die mens is nie, maar ‘n bydrae kan lewer om van die wêreld ‘n interessanter en mooier plek te kan maak om in te leef.

Questions & Answers

Ayele, K., 2003. Introductory Economics, 3rd ed., Addis Ababa.
Widad Reply
can you send the book attached ?
Ariel
?
Ariel
What is economics
Widad Reply
the study of how humans make choices under conditions of scarcity
AI-Robot
U(x,y) = (x×y)1/2 find mu of x for y
Desalegn Reply
U(x,y) = (x×y)1/2 find mu of x for y
Desalegn
what is ecnomics
Jan Reply
this is the study of how the society manages it's scarce resources
Belonwu
what is macroeconomic
John Reply
macroeconomic is the branch of economics which studies actions, scale, activities and behaviour of the aggregate economy as a whole.
husaini
etc
husaini
difference between firm and industry
husaini Reply
what's the difference between a firm and an industry
Abdul
firm is the unit which transform inputs to output where as industry contain combination of firms with similar production 😅😅
Abdulraufu
Suppose the demand function that a firm faces shifted from Qd  120 3P to Qd  90  3P and the supply function has shifted from QS  20  2P to QS 10  2P . a) Find the effect of this change on price and quantity. b) Which of the changes in demand and supply is higher?
Toofiq Reply
explain standard reason why economic is a science
innocent Reply
factors influencing supply
Petrus Reply
what is economic.
Milan Reply
scares means__________________ends resources. unlimited
Jan
economics is a science that studies human behaviour as a relationship b/w ends and scares means which have alternative uses
Jan
calculate the profit maximizing for demand and supply
Zarshad Reply
Why qualify 28 supplies
Milan
what are explicit costs
Nomsa Reply
out-of-pocket costs for a firm, for example, payments for wages and salaries, rent, or materials
AI-Robot
concepts of supply in microeconomics
David Reply
economic overview notes
Amahle Reply
identify a demand and a supply curve
Salome Reply
i don't know
Parul
there's a difference
Aryan
Demand curve shows that how supply and others conditions affect on demand of a particular thing and what percent demand increase whith increase of supply of goods
Israr
Hi Sir please how do u calculate Cross elastic demand and income elastic demand?
Abari
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask