<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ná uitgebreide steun onder kernbelangegroepe gewerf is – insluitende binne die plaaslike owerheid, die openbare sektor en nuwe ontwikkelingsforums – het die destydse Durbanse Stadsraad in Augustus 1994 die mandaat vir die implementering van die Plaaslike Agenda 21 as hul verantwoordelikheid aanvaar. Hierdie besluit is later (1996) deur die betrokke rade van die nuut-saamgestelde Durbanse metropolitaanse gebied bekragtig.

Die doel van Durban se Plaaslike Agenda 21 is die ontwikkeling van ‘n stelsel van omgewingsbestuur wat dié stad in sy ontwikkeling sal steun, maar wat ook volhoubaar is in terme van die omgewing. Dit vereis dat ‘n nuwe beleid (met bv. koersaanpassings en nuwe ideale), instellings (soos komitees of afdelings ) en prosedures (werkwyses) beplan word. Dit vra ook om die voortdurende monitering (d.w.s. toesighouding en toetsing), hersiening en verbetering van prestasie sodat die omgewing bewaar bly soos dit vooraf in die volhoubare doelwitte uiteengesit is.

Tydens die Aardeberaad wat in Junie 1992 in Rio de Janeiro plaasgevind het, is ‘n globale aksieplan saamgestel vir volhoubare ontwikkeling. Die aksieplan staan bekend as Agenda 21 . Die doel met Agenda 21 is om beginsels en programme op te stel om ‘n verandering te bring in die verhouding tussen ontwikkeling en die impak op die aarde se natuurlike hulpbronne. Dit beteken dat planne beraam is om te sorg dat ontwikkeling fyn beheer word sodat dit nie die aarde, die natuur, die hulpbronne en die kwaliteit van mense sel lewens vernietig nie. Volhoubare ontwikkeling sluit dus in sosiale, ekonomiese en omgewingsaspekte. (Ruil gedagtes uit oor die betekenis van hierdie terme, en gee voorbeelde. Vind dan uit of dit klop met jou opvoeder se verduideliking.)

Die doel met die aksieplan was dat dit internasionaal op die plaaslike bestuursvlak geïmplementeer of toegepas moes word. As deel van die HOP in Suid-Afrika (ken jy die afkorting?), het die drie grootste metropolitaanse (stedelike) gebiede (Johannesburg, Kaapstad en Durban) in 1994/1995 die program in werking gestel. Die programme het as katalisators gedien om ander aktiwiteite regdeur die land aan die gang te sit. Dorpe en stede soos Kimberley, Port Elizabeth, Pietermaritzburg en Oos-Londen het later hulle eie Agenda 21 -idees in werking gestel. Ook provinsies het hul eie inisiatiewe geloods, soos byvoorbeeld in Kwazulu-Natal en in die Noordelike Provinsie.

a) Skryf ‘n definisie vir Agenda 21 neer. (Verduidelik in jou eie woorde wat dit is, waar dit tot stand gekom het, en wat daarmee beoog word.)

b) Wat word bedoel met Plaaslike Agenda 21 ? (Wenk: die woorde “eie” en “lokale” kan nuttig wees)

c) Skryf die beginsels van Plaaslike Agenda 21 neer.

d) Verdeel in vier groepe. Elke groep konsentreer op een beginsel.

  • Beskryf in ‘n kort paragraaf wat die beginsel wat aan jou groep toegewys is, beteken, bv.”mensgesentreerde ontwikkeling”: wat word daarmee bedoel? Gee ook voorbeelde daarvan.
  • Plaas julle in die posisie van raadgewers aan die stadsraad van Johannesburg, Kaapstad of Kimberley. Ontwikkel idees vir die implementering of uitvoering van julle betrokke beginsel op plaaslike vlak. Skryf julle gedagtes neer en berei ‘n netjiese voorlegging voor wat deur die stadsraad oorweeg moet word. Skryf ‘n dekkingsbrief waarin julle slegs aandui waaroor die voorlegging gaan wat aangeheg word. Sit julle idees helder uiteen en verskaf praktiese voorstelle, wat ook sketse of ‘n stadskaart kan insluit.
  • (Die HOP is deel van hierdie proses. Probeer om pamflette oor die HOP by jou stadsraad te kry, om jou in jou poging te help. Vra jou mense tuis of hulle ook weet waarvoor HOP staan, en wat die term in Engels of ‘n ander taal is.)

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.3 gevolgtrekkings oor inligting uit bronne soos foto’s, kaarte, atlasse, grafieke en statistiek ontleed en maak [werk met bronne];

Memorandum

AKTIWITEIT 1:

  1. Dit is ‘n wêreldwye aksieplan om volhoubare ontwikkeling te verseker.
  • Dit is ‘n wydstrekkende aksieplan
  • wat GLOBAAL,
  • NASIONAAL en
  • PLAASLIK
  • deur organisasies en regerings
  • wat by die Verenigde Nasies geaffilieer is
  • toegepas word in elke gebied waar menslike aktiwiteite ‘n impak op die omgewing het.

Dit het in Junie 1992 tydens die Aardeberaad in Rio de Janeiro tot stand gekom. Agenda 21 se DOEL is om beginsels en programme daar te stel vir ‘n beter balans tussen ontwikkeling en die aarde se natuurlike hulpbronne. Hierdie beginsels en programme word internasionaal op plaaslike bestuursvlak geïmplementeer en toegepas.

  1. Die doel is om Plaaslike Owerhede (Munisipaliteite en Metropolitaanse Rade) te bemagtig om elkeen hul eie Agenda 21-program op te stel en te bestuur volgens hul eie plaaslike (lokale) behoeftes.
  2. Mensgesentreerde ontwikkeling : Dit fokus op die opleiding en bemagtiging van mense.

Voorsien basiese behoeftes : Die doel is om basiese geriewe en dienste aan elke mens beskikbaar te stel.

Geïntegreerde beplanning en ontwikkeling : In plaas van ‘n sektor-gebasseerde benadering. Dit fokus op die ontwikkeling van die hele gebied en sy mense en nie net op sekere aspekte of mense nie.

Volhoubare ontwikkeling : Dit fokus op die bewaring van die omgewing en sy bronne ten spyte van ontwikkeling.

Questions & Answers

what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
What are the treatment for autism?
Magret Reply
hello. autism is a umbrella term. autistic kids have different disorder overlapping. for example. a kid may show symptoms of ADHD and also learning disabilities. before treatment please make sure the kid doesn't have physical disabilities like hearing..vision..speech problem. sometimes these
Jharna
continue.. sometimes due to these physical problems..the diagnosis may be misdiagnosed. treatment for autism. well it depends on the severity. since autistic kids have problems in communicating and adopting to the environment.. it's best to expose the child in situations where the child
Jharna
child interact with other kids under doc supervision. play therapy. speech therapy. Engaging in different activities that activate most parts of the brain.. like drawing..painting. matching color board game. string and beads game. the more you interact with the child the more effective
Jharna
results you'll get.. please consult a therapist to know what suits best on your child. and last as a parent. I know sometimes it's overwhelming to guide a special kid. but trust the process and be strong and patient as a parent.
Jharna
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11054/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask