<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Thandi skryf ‘n storie oor die films wat by die skool vertoon is, naamlik “Slinkse planne”.
Die drie boewe – Jakkals, Muishond en Slang beland in die moeilikheid en word deur Koning Leeu gestraf.
Interessante besprekings oor hongersnood, diefstal, geweld, straf, betogings vloei hieruit.
Leerders lees en ontleed raaisels en neem deel aan telefoongesprekke.
fl-, fr-, spr-, str- en die eindklanke -ts, -mp, -nk, en -ks word behandel. Leerders voltooi ‘n werkvel met woorde wat dieselfde klink maar anders geskryf word.
![]() |
![]() |
![]() |
||
![]() |
![]() |
![]() |
||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
![]() |
![]() |
|||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Saggies en versigtig sluip Jakkals en Muishond agter Slang aan. Hy lei hulle na ‘n oop stuk grond op die rand van die bos. ‘n Mens kan sien iemand het daar rond gegrawe.
“Hier!” sê Slang. “Hier lê soveel lekker geurige skilpadeiers begrawe in die sand, julle sal nooit weer honger ly nie. Dit is die plek waar al die skilpaaie hulle eiers lê.”
Jakkals en Muishond begin dadelik die skilpadeiers oopgrawe en gou is hulle hongerpyne weg.
Maar op daardie oomblik staan die hele skilpadfamilie voor Koning Leeu se troon. Hulle kla kliphard omdat IETS hulle eiers opvreet.
LU 1.3 | LU 3.2 | LU 3.5 |
1. Pa draai die ......................................................................................... al stywer.
2. Ouma .....................................................................................................‘n brief.
3. Hy ...................................... soos hy ...................................................................
4. My ma is nie vet nie, sy is ..................................................................................
5. Miems moes die vloer skoon ..............................................................................
LU 3.4 | LU 4.6 | LU 6.1 |
Koning Leeu is baie kwaad.
Die ander diere is baie kwaad.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?