<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Slinkse planne

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.

Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Thandi skryf ‘n storie oor die films wat by die skool vertoon is, naamlik “Slinkse planne”.

Die drie boewe – Jakkals, Muishond en Slang beland in die moeilikheid en word deur Koning Leeu gestraf.

Interessante besprekings oor hongersnood, diefstal, geweld, straf, betogings vloei hieruit.

Leerders lees en ontleed raaisels en neem deel aan telefoongesprekke.

  • KLANKE EN WOORDBOU

fl-, fr-, spr-, str- en die eindklanke -ts, -mp, -nk, en -ks word behandel. Leerders voltooi ‘n werkvel met woorde wat dieselfde klink maar anders geskryf word.

  • SKRIF
:
:
:
:
:

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees die storie en let op jou uitspraak.

Slinkse planne – deel 3

“Wat gaan met julle twee aan?“ vra Slang en loer onder die bos in waar sy maats, Jakkals en Muishond, kliphard lê en snork.

“Die maan skyn al hoog in die lug”, sê Slang.

“Gaan julle dan nie vannag rondloop nie?”

“Ons gaan dood van die honger”, sê hulle gelyk. “Ons het nie krag om nog te jag nie”.

“Kom nou”, sê Slang met ‘n breë glimlag.

“As dit kos is wat julle soek, sal ek vir julle gaan wys waar ek ‘n groot voorraad smaaklike lekkernye ontdek het. Ons moet net wag totdat die maan agter die wolke verdwyn.”

Muishond skud sy gestreepte pels reg en Jakkals swaai sy stert ‘n paar keer in die rondte om te wys hoe bly hy is.

  • Teken ‘n prent van die drie boewe.
LU 3.3 LU 3.5
  • Watter soort lekkernye het Slang in die bos ontdek?
  • Teken die prente van die lekkernye.
  • Skryf ‘n paar sinne oor jou prent.

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

  • Lees jou sinne vir die klas.
LU 2.4 LU 4.4 LU 4.7
LU 4.1

Woordbou

  • Bou die woorde.
  • Skryf die woorde oor.
  • Skryf jou eie sinne met die woorde.
LU 3.4 LU 4.6 LU 6.1
  • Lees die raaisels en teken die antwoord.
LU 1.4 LU 2.4
LU 4.1

Woordbou

  • Bou die woorde.
  • Skryf die woorde oor.

  • Waar pas hulle in?

1. Sy ................................................................................................ die kat se kop.

2. Mammie ............................................................................................. my hemp.

3. Die gevangene moet sy .......................................................................... uitdien.

4. Sy bind die .................................................................................. om die pakkie.

5. Die water ..................................... by die ....................................................... af.

LU 3.4 LU 4.6 LU 6.1

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder gepas op raaisels en grappies reageer;

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aan klas- en groepbesprekings deelneem:

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde herken en skep:

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder eie en ander se skryfstukke bespreek;

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe vir verskillende doeleindes skryf:

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:

Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik:

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband met woorde te bring.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask