<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Opdrag 4:
1. Nee
2. Nee
Massa teenoor gewig: massa gee ‘n aanduiding van die hoeveelheid materie, terwyl gewig aandui hoe sterk die aarde die voorwerp aantrek. Massa bly dus onveranderd terwyl gewig deur die plek op die aarde beïnvloed word – bv. ver op in die atmosfeer is dit minder.
Opdrag 4
Materie beslaan ruimte
Bestudeer die volgende sketse en beantwoord dan die vrae wat volg:
1. Kan twee voorwerpe op dieselfde tyd dieselfde ruimte beslaan? (Ja / Nee)
_____________________________________________________________________
2. Kyk na die skets van die vis in die akwarium:
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Wanneer ons die bostaande sketse bestudeer, is dit duidelik dat geen voorwerpe op dieselfde tyd dieselfde ruimte kan beslaan nie. Die rede is heel eenvoudig: elke voorwerp het sy eie ruimte nodig. 'n Ander afleiding wat ons kan maak, is dat wanneer materie deur 'n ander stof verplaas word, die verplaaste stof ander beskikbare ruimte inneem.
Materie besit volume en massa
As jy 'n blikkie koeldrank opdrink, is die blikkie nie leeg nie. Waar die inhoud van die blikkie eers koeldrank was, is dit nou lug! Dieselfde spasie word dus nou deur 'n ander vorm van materie in beslag geneem! Somtyds praat ons van die inhoud van die blikkie wat verwys na die materie wat in die blikkie is. Die ruimte wat in die blikkie deur die materie (in hierdie geval lug óf koeldrank) beslaan word, word die volume genoem. In 'n sekere sin is volume en inhoud dus sinonieme.
Beplan ‘n eksperiment om te bewys dat lug ruimte beslaan.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?