<< Chapter < Page Chapter >> Page >

TEGNOLOGIE

Graad 8

ELEKTRISITEIT

Module 16

SERIE- EN PARALLELSKAKELING

Aktiwiteit 1

Om kennis rakende serie- en parallelskakeling in te win, deur middel van praktiese toetse

[LU 1.3]

Ons kan sê dat daar serieskakeling is wanneer komponente in ’n reguit lyn voorkom; en parallelskakeling wanneer komponente langs mekaar geskakel is. Die manier waarop die komponente geskakel is, het ’n groot invloed op die lewering van die stroombaan. Om die gevolg van dié soort koppeling die beste te verstaan,is dit wenslik om prakties na ’n paar stroombane te gaan kyk. Jou opvoeder sal vir jou komponente voorsien om die volgende stroombane te bou op selfvervaardigde borde of op broodborde.

Opdrag 1

Bou die volgende stroombane en beskryf die resultaat op die uitsetkomponent. Jy kan óf ’n gloeilamp óf LED as uitsetkomponent gebruik. Onthou dat ’n LED se lang been sy positief aandui. Jou opvoeder sal ook die regte grootte weerstand gee om die LED te beskerm. Indien jy ’n multimeter het, kan jy in elke geval die volts, ampère en ohm meet.

Selle in serie

a) Wat is die totale volts van die battery?

b) Wat is die effek as een sel weggeneem word?:

Die gloeilamp/LED brand

helder

dof

baie dof

(onderstreep die korrekte antwoord)

1.2 Selle in parallel:

a) Wat is die totale volts van die battery?

b) Wat is die effek as een sel weggeneem word?

Die gloeilamp/LED brand

helder

dof

baie dof

(onderstreep die korrekte antwoord)

Lampe / LED’s in serie

a) Wat gebeur as een gloeilamp/LED verwyder word?

b) Wat gebeur indien jy nog ’n gloeilamp/LED byvoeg (dieselfde tipe skakeling)?

c) Wat is die totale volts van V1 en V2 saam?

1.4 Lampe/LED’s in parallel

a) Wat gebeur as een gloeilamp / LED verwyder word?

b) Wat gebeur indien jy nog ’n gloeilamp / LED byvoeg ( dieselfde tipe skakeling)?

c) Wat is die totale volts van V1 en V2 saam?

1.5 Resistors in serie

a) Wat is die funksie van die resistors?

b) Wat is die totale weerstand in die stroombaan?

Fokustaak 3

Om die vaardigheid van soldering te bemeester

[LU 1.10]

Jou opvoeder sal jou verder inlig en ’n demonstrasie gee van hoe om te soldeer. Soldeerdraad is ’n samestelling van tin en lood. Die rook wat tydens soldering vrygestel word, is dus nie gesond vir jou nie - probeer om so min as moontlik daarvan in te asem.

Pas asseblief alle veiligheidsmaatreëls toe!

Demonstreer jou soldeervaardighede deur ’n eenvoudige vorm uit draad aanmekaar te soldeer. Enkel voorbeelde word hieronder verskaf:

Voorbeelde van soldering:

Stappe vir die maak van ’n draad mannetjie

1 Buig/bind draad.

2 Soldeer die arms.

3 Voeg ekstra vorms by.

Situasie 1

Om kinders se hand-oogkoördinasie te verbeter, word jy gevra om ’n vastehandspeletjie (“ Steady – Hand Game “) te ontwerp. Jy kan ’n 3-volt gloeilamp of ’n standaard LED of 3-volt gonser (“buzzer”) gebruik om aan te dui wanneer die handvatsel die metaalraam raak.

Benodigdhede vir ’n stroombaan.

1 Metaalvorm – buig draad in vorm soos benodig (jy kan ’n soldeerstafie gebruik).

2 Voelstafie – dit kan ook van soldeerstaf gemaak word.

3 LED – die gewone 3 volt-tipe (of ’n 3V gloeilamp).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 8. OpenStax CNX. Sep 13, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11051/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask