<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 4

Maak jou eie speelgoed

Module 12

Maak en bemark jou eie roeiboot

Aktiwiteit 1

Om jou eie roeiboot te bou en te bemark [lu 1.6, 1.8, 1.9, 1.10]

1. Toets eers verskillende roeibote!

2. Hoe kan ‘n roeiboot beter dryf?

Toets nou die volgende tipe materiale in jul groepe. Gesels ook oor die eienskappe van sekere materiale wat meer of minder geskik is.

3. Hoe kan ‘n roeiboot beter vaar?

Probeer gerus een van die volgende moontlikhede, of jou eie.

Plastiekbottel

Aluminiumfoelie

Blaas andersom

4. Jy kan nou jou eie roeiboot bou!

Maak seker dit dryf goed en vaar reguit vorentoe.

5. Bemark jou eie roeiboot!

Verduidelik deur ‘n eenvoudige en kindvriendelike bordspel vir jou maats hoe om ‘n oulike roeiboot te bou.

6. Hou ‘n uitstalling wat die invloed van tegnologie op mense uitbeeld. Kies een van die volgende onderwerpe en toon aan hoe:

vroeë bewoners bote gebou het of steeds bou;

nuwe tegnologie bote verbeter of verbeter het;

minderbevoorregte kinders (bv. in ‘n plakkerskamp) ‘n lekker roeiboot kan bou.

Assessering

Leeruitkoms 1: tegnologiese prosesse en vaardighede

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

1.6 een van hierdie oplossings kies en redes vir die keuse gee;

  • gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur eenvoudige vorms in ‘n verskeidenheid soorte materiaal af te meet, uit te merk en te sny, en dit deur middel van verskeie tegnieke aan mekaar te heg of te las;
  • netjies en veilig werk;
  • met bystand die produk volgens die ontwerpopdrag evalueer, en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11098/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask