<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 4

Hulpbronne en dienste in ‘n nedersetting

Module 14

Water in ons huise

Water as hulpbron

Sonder water is lewe op aarde nie moontlik nie. Water is ook die bestanddeel wat die meeste op die aarde voorkom – dit bedek ongeveer 80 % van ons planeet se oppervlakte. Van hierdie 80 % is slegs 3 % varswater, en die meeste van hierdie varswater kom voor in ysvorm, naamlik in die ysvelde by die Noord- en Suidpool.

‘n paar interessante feite:

  • Tussen 60% en 70% van jou liggaam bestaan uit water.
  • 85% van jou brein is water.
  • 25% van jou gebeente is water.
  • 83% van jou bloed is water.
  • ‘n Mens kan langer as twee weke sonder kos oorleef, maar slegs drie dae sonder water.
  • ‘n Mens verloor gemiddeld 2,5 liter water per dag weens sweet, uitaseming en afval.

1.water in ons huise

Noudat julle kennis gemaak het met al die interessante gegewens oor die mens en water, is julle oortuig daarvan dat water die heel belangrikste hulpbron is? Hou gerus ‘n klasbespreking daaroor.

Waarvoor het julle gesin water nodig? gesels met jou maat daaroor en vul die lysie in die blok hieronder met julle eie antwoorde aan.

Aktiwiteit 1

Om oor die gebruike van water in en om die huis te gesels [lu 2.2]

Water vir ons huisgesin

  1. Ons drink almal water.

2. Mamma gebruik dit as sy kos kook.

3. ................................................................................................................

4. ................................................................................................................

5. ................................................................................................................

6. ................................................................................................................

7. ................................................................................................................

8 ...............................................................................................................

2.waar kom julle water vandaan?

Wanneer dit reën, vloei die water in riviere en strome en uiteindelik beland dit in groot damme wat in die riviere gebou is. Dit word opgaardamme genoem. Van die opgaardamme word dit met groot pype na waterwerke vervoer waar die nodige suiwering van die water plaasvind. Hierna word dit met kleiner pypleidings na die dorpe en stede en uiteindelik ons eie huise vervoer. Vind uit watter opgaardam(-me) naaste aan julle is. Skryf die dam(-me) se naam/name hier neer:

Aktiwiteit 2

Om die faktore te identifiseer wat veroorsaak dat sommige mense beter toegang tot skoon water het as ander [lu3.2]

3.toegang tot water

  • Ons regering bestee baie geld om vir al die mense in ons land skoon water vir drink- en huishoudelike gebruik te voorsien. Die ideaal is dat elke huishouding lopende water wat skoon en veilig is, in die huis moet hê.
  • Daar is egter nog baie mense wat ver moet loop om hulle water in houers te gaan haal en huis toe te dra. Dikwels skep hulle die water uit riviere wat besoedel word deur mense, diere en fabrieke. Die besoedelde water veroorsaak siektes waaraan mense kan sterf.
  • Informele nedersettings ontstaan en groei soms so vinnig dat plaaslike regerings nie betyds lopende water kan aanlê nie. Die mense bou hulle skuilings naby oop waterbronne soos riviere. Almal gebruik dan dieselfde bron. Mense skep hulle drinkwater daaruit, maar was ook hulself en hulle wasgoed daarin. Kinders speel of swem daarin en diere mors daarin. Daar word ook dikwels afvalwater uit fabrieke in die riviere gestort.

Assessering

Leeruitkoms 2: aardrykskundige kennis en begrip

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

2.2 die belangrikheid beskryf van toegang tot hulpbronne en dienste.

Leeruitkoms 3: verkenning van vraagstukke

Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

3.2 faktore identifiseer wat veroorsaak dat sommige mense in ‘n spesifieke konteks groter toegang tot hulpbronne het as ander.

Memorandum

Die gebruike van water in en om die huis

  1. Reiniging
  2. Tuin
  3. Swembad

Questions & Answers

calculate molarity of NaOH solution when 25.0ml of NaOH titrated with 27.2ml of 0.2m H2SO4
Gasin Reply
what's Thermochemistry
rhoda Reply
the study of the heat energy which is associated with chemical reactions
Kaddija
How was CH4 and o2 was able to produce (Co2)and (H2o
Edafe Reply
explain please
Victory
First twenty elements with their valences
Martine Reply
what is chemistry
asue Reply
what is atom
asue
what is the best way to define periodic table for jamb
Damilola Reply
what is the change of matter from one state to another
Elijah Reply
what is isolation of organic compounds
IKyernum Reply
what is atomic radius
ThankGod Reply
Read Chapter 6, section 5
Dr
Read Chapter 6, section 5
Kareem
Atomic radius is the radius of the atom and is also called the orbital radius
Kareem
atomic radius is the distance between the nucleus of an atom and its valence shell
Amos
Read Chapter 6, section 5
paulino
Bohr's model of the theory atom
Ayom Reply
is there a question?
Dr
when a gas is compressed why it becomes hot?
ATOMIC
It has no oxygen then
Goldyei
read the chapter on thermochemistry...the sections on "PV" work and the First Law of Thermodynamics should help..
Dr
Which element react with water
Mukthar Reply
Mgo
Ibeh
an increase in the pressure of a gas results in the decrease of its
Valentina Reply
definition of the periodic table
Cosmos Reply
What is the lkenes
Da Reply
what were atoms composed of?
Moses Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11083/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask