<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1.3 Die hoofkarakter is óf ’n mens óf ’n dier.

  • Die aksentteken op die letter “o” wys dat ’n mens die letter ’n bietjie harder of duideliker uitspreek om klem daarop te lê.

1.4 Die prinses het eers 100 jaar wakker geword.

  • Die aksentteken op die letter “a” wys dat ’n mens die letter ’n bietjie harder of duideliker uitspreek om klem daarop te lê. Kyk hoe verskil die volgende twee sinne en hoe die aksentteken gebruik word:

a) Ons het eers ná agtuur by die huis gekom. (“ ” het altyd met tyd te doen.)

b) Ek moet eers na my ma toe gaan voor ek na die winkel toe kan stap.

1.5 Alle ma’s vertel vir hulle kinders sprokies.

  • Die afkappingsteken wys dat dit ’n “lang” a-klank is.

1.6 Ons sal om sewe-uur skool toe gaan.

  • Die koppelteken wys dat dit eintlik een woord is, maar dit help jou om die woord makliker te lees en te verstaan.

2 . Voeg die nodige skryftekens in die volgende sinne in. Skryf met ’n helder ink en onderstreep die woorde waarin die leestekens voorkom:

2.1 Ons het almal tot na tweeuur die oggend gesit en gesels, maar toe kom roep ons pas ons om na ons huis te gaan.

2.2 Mag ek maar hierdie lee blikkie kry

2.3 Die skoolhoof dink of Piet of Jan het die ruit gebreek, maar ek se vir jou, dit was nog Piet, nog Jan.

2.4 My ouma dink ek en my susters is nog babas en sy maak baie reels waaraan ons gehoorsaam moet wees.

2.5 Daar is geen water in die lee dam nie. Dis ’n baie droe jaar vanjaar.

LU 6.1

AKTIWITEIT 4

Om

  • alledaagse voor- en agtervoegsels te gebruik om woordeskat uit te brei
  • telwoorde te herken
LU 6.1 LU 6.2

1 . Kyk na die vetgedrukte woorde:

  • Dit was ’n dramatiese affêre toe die dertiende fee begin praat.
  • Die ongeluk het die arme prinses getref.
  • Die bak ker het doodstil gaan staan.
  • Sy was die mooi ste meisie in die hele land.
  • In sommige van hierdie woorde is daar AGTERVOEGSELS, bv. drama tiese , dertien de , prin ses , mooi ste .
  • Daar is ook ’n VOORVOEGSEL in die woord on geluk.
  • Kan jy sien dat ’n voorvoegsel vooraan ’n woord staan en ’n agtervoegsel agteraan ’n woord?
  • Kan jy ook sien dat dit die woord se betekenis verander?
  • Dit beteken dat ’n mens meer woorde kan vorm deur van voor- en agtervoegsels gebruik te maak.
  • So brei jy jou woordeskat uit.
  • JOU ONDERWYSER SAL JOU ‘N BIETJIE MEER HIEROOR VERTEL

2 . Maak nou van elk van die volgende woorde nog een woord deur ’n voor- of agtervoegsel by te voeg. Skryf dan ’n sin waarin jy die nuwe woord gebruik, en onderstreep die nuwe woord:

2.1 vriendelik

2.2 koning

2.3 tuin

2.4 boos

2.5 speel

3 Weet jy wat ’n telwoord is? Dis maklik: ’n telwoord is ’n woord wat jy gebruik as jy tel. Dit is dus die naam van ’n getal.

  • Onderstreep die telwoorde in die volgende sinne :

3.1 Daar is vyftien spelers in ’n sokkerspan, maar net elf in ’n netbalspan.

3.2 Die dertiende fee was ’n bose fee.

3.3 Ons klas het ses-en-twintig leerders en een onderwyser.

3.4 My pa kry op die dertigste dag van die maand sy geld.

LU 6.1 LU 6.2

AKTIWITEIT 5

Om

  • alledaagse afkortings korrek te gebruik

LO 6.1

  • Ons sluit hierdie module met ’n kort leesstukkie af wat oor die omgewing handel. Een van ons verantwoordelikhede is om die omgewing met respek te behandel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask