<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1 . Kyk na die onderstreepte woorde en gee die korrekte afkorting vir elk. Nommer hulle 1.1 tot 1.5.

Respekteer WATER – SPAAR dit!

Suid-Afrika is ’n droë land waar ons versigtig met ons water moet werk. Ons moet goed sorg vir ons riviere deur hulle skoon te hou. Ons moet byvoorbeeld nooit papiere , bottels, blikkies ensovoorts in ’n rivier stort nie.

Ons behoort krane altyd styf toe te draai. Een kraan wat drup kan 60 liter water per dag mors. Meneer Jacobs, ons onderwyser, sê daar is baie mense in ons land wat nie eers ’n kraan in hul huis het nie.

Water is baie kosbaar.

2 . Gebruik elkeen van die volgende afkortings in ’n kort sinnetjie om te wys dat jy weet hoe om dit te gebruik: (Indien nodig, en waar gepas, kan jy dit met ’n hoofletter begin.)

2.1 asb.

2.2 bl.

2.3 dr.

2.4 m.a.w.

2.5 str.

LU 6.1

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 stories verstaan en waardeer, asook dié wat deur medeleerders vertel word;
1.2 mondelinge tekste verstaan.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 vertaal en tolk;
2.2 interaksie in addisionele taal voer;
2.5 ’n onderhoud voer.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 fiksie en nie-fiksie verhale lees;
3.2 sommige elemente van die poësie verstaan;
3.4 vir inligting lees;
3.7 vir genot lees;
3.8 begrip van die gebruik van naslaanwerke toon.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra;
4.2 vir ’n sosiale doel skryf;
4.4 skeppend skryf;
4.5 mediatekste ontwerp.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen gebruik;
5.2 taal gebruik om te dink;
5.3 inligting versamel en op verskillende maniere opteken.
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel;
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer;
6.3 taalverskynsels hanteer soos
6.3.2 soorte sinne;6.3.3 enkelvoudige sinne;6.3.6 die ontkennende vorm;
6.4 woordeskat uitbrei;
6.5 begrip van 5 000 tot 7 500 alledaagse woorde binne konteks teen die einde van graad 8 demonstreer.

Memorandum

AKTIWITEIT 2

1. Sinne:

1.1 Ons doen ons skoolwerk saans pligsgetrou by die huis.

1.2 Ek gaan volgende week per bus Kaap toe.

1.3 Ons span speel elke jaar baie hard teen hulle in Pretoria. (OF: … in Pretoria teen hulle.)

1.4 Die man gaan elke dag per trein werk toe.

1.5 Ons eet altyd soggens ons pap baie vinnig. (OF: Ons eet ons pap altyd soggens baie vinnig.)

AKTIWITEIT 3

1. Skryftekens

2.

2.1 ná twee-uur pa’s

2.2 leë ?

2.3 óf óf sê nóg nóg

2.4 reëls

2.5 leë droë

AKTIWITEIT 4

1. Voor- en agtervoegsels

2. Eie sinne met gekose voor- en agtervoegsels

3.

3.1 vyftien, elf

3.2 dertiende

3.3 ses-en-twintig een

3.4 dertigste

AKTIWITEIT 5

1. Afkortings:

1.1 S.A.

1.2 bv.

1.3 ens.

1.4 l

1.5 Mnr.

2. Afkortings in eie sinnetjies:

2.1 asseblief

2.2 bladsy

2.3 dokter OF doktor (verduidelik verskil)

2.4 met ander woorde

2.5 straat

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask