<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die karretjies gly en bots teen mekaar.

Die swaaie vlieg al vinniger en vinniger.

Daar’s ballonne, stokkielekkers so groot soos pierings,

narre met gesigte wat geverf is,

pryse om te wen en ponies om op te ry.

Bennie hardloop heen en weer.

Hy kan nie besluit wat hy eerste wil doen nie!

Pappa koop vir hulle roomyse, springmielies, vleisbroodjies, koeldranke en sakke vol lekkers.

Die was heerlik!

LU 3.3.3 LU 3.3.5
  • Teken vir Bennie en sy maats by die pretpark.
  • Vertel vir die klas van jou besoek aan die pretpark.
  • Wat het julle gedoen?
  • Waarvan het jy gehou?
  • Waar sou jy jou verjaardagpartytjie wou vier, as jy kon kies?

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

LU 2.1 LU 4.3.1 LU 4.8
  • Skryf die geskommelde woorde korrek oor.

Leidraad: Al die woorde begin met

LU 3.4.4 LU 4.3.2
  • Lees.
  • Lees waarheen hulle gaan.

sOn naga an edi reediniut

  • Skryf:

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

  • Om daar te kom moet Pappa:

reguit ry tot by die sirkel, links draai, by een stopstraat verby, regs draai, weer links draai en ry tot by die verkeerslig, wag totdat die lig groen is, regs draai, by die bos verby en daar kom julle by die ……………………………………………………. aan.

  • Teken die pad soos dit beskryf is.
LU 3.2.3 LU 3.3.3 LU 4.3.2 LU 5.1.1
  • Soek die letters wat ontbreek om die woord te voltooi.
  • Vul hulle in.
  • Waar pas die woorde in?

1. Ek ……………………………………………………….. botter op my brood.

2. Op ‘n warm dag ………………………………………………….. ek na water.

3. Hy ………………………………………………………….. aan die lekkernye.

4. Die ys gaan ……………………………………………………………………..

LU 3.4.3
  • Kyk mooi na die prent.
  • Watter foute kan jy sien?
  • Tel hoeveel foute jy kan sien.
  • Vertel vir die klas/jou maat wat verkeerd is met hierdie dieretuin.
LU 2.2 LU 5.2.2
  • Voltooi die woorde.
  • Maak sinne met ses woorde.
LU 3.4.2 LU 4.6.4 LU 4.7.2
  • Versier die patroon.
LU 4.1
  • Soek die letters wat ontbreek om die woorde te voltooi.
  • Vul hulle in.
  • Waar pas hulle in?

1. Vandag ………………………………………………………………... die son.

2. Hulle vang die ………………………………………………………………….

3. Ek gaan ……………………………………………………………………. toe.

4. Die man roei die ……………………………………………………………….

5. My ………………………………………………………………… blink mooi.

LU 3.4.2
  • Lees.

Bennie: Nee, Pappa! Nee! Ek wil nie hier kuier nie.

Kyk hoe deurmekaar is die dieretuin! Nee! Nee! Nee!

Mamma: Bennie! Bennie! Wat gaan aan?

Waarom skree jy so?

Bennie: N-e-e-e-e-e-e-e!

Pappa: Ma, maak hom wakker! Hy droom!

Dis seker ‘n nagmerrie!

Mamma: (skud vir Bennie) Kom, Bennie, word wakker!

Jy verjaar vandag. Het jy vergeet?

Bennie: (deur die slaap) Is dit vandag my verjaardag?

Ek het gedink dit is al verby.

Weet Mamma, ek het gedroom Pappa neem ons

na die pretpark. Dit was heerlik. Maar toe neem

hy ons na ‘n baie snaakse dieretuin. Die leeu het

my raakgesien en na my toe gekom. Sy bek was

wawyd oop! Ek is so bly dit was net ‘n droom.

Maar, Pappa, waarheen gaan ons?

Pappa: Jy sal nog sien, maar kom laat ons jou eers gelukwens met jou neënde verjaardag.

Baie geluk, ou seun. Geniet die dag.

LU 2.4.7 LU 3.3.1

Assessering

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal verbeeldingryk vir pret en fantasie gebruik;

Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aan klas- en groepbesprekings deelneem:

2.4.7 vrae beantwoord en redes gee vir antwoord;

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.3 tekste van ‘n effens ingewikkelder vlak lees;

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:

3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;

3.3.3 klank- en ander woordherkennings- en begripsvaardighede gebruik, soos kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde ‘n teks te verstaan;

3.3.5 lettergrepe gebruik om woorde te lees;

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

3.4.2 twee- en drieletterkombinasies aan die begin en einde van woorde herken;

3.4.3 die eerste klank en laaste deel van die lettergreep in meer komplekse patrone herken;

3.4.4 meer komplekse woordfamilies herken.

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:

4.3.2 geskommelde woorde / sinne korrek oorskryf;

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:

4.6.4 probeer om onbekende woorde te spel deur kennis van klanke te gebruik;

Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:

4.7.2 basiese punktuasie gebruik;

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel:

5.1.1 konseptuele taal uit verskillende leerareas nodig op hierdie vlak en ter voorbereiding van die volgende vlak verstaan en gebruik;

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te dink en te redeneer:

5.2.2 hoërordedenke en die meegaande taal gebruik, soos maak afleidings, pas kennis toe, evalueer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask