<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Gewone breuke en desimale breuke

Gewone breuke

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Daar is 5 modules:

1. Getalbegrip, Optelling en Aftrekking

2. Vermenigvuldiging en Deling

3. Breuke en Desimale Breuke

4. Meting en Tyd

5. Meetkunde; Datahantering en Waarskynlikheid

4 Dit is belangrik dat opvoeders die modules in volgorde (soos hierbo genoem) sal doen, aangesien die leerders die vorige module se kennis en vaardighede benodig vir die daaropvolgende module.

3. GEWONE EN DESIMALE BREUKE (LU 1; 2 EN 5)

LEEREENHEID 1 FOKUS OP GEWONE BREUKE

  • Hierdie module is ‘n voortsetting van die werk wat in graad 5 gedoen is. Daar word uitgebrei op die optelling en aftrekking van breuke, en die berekening van ‘n breuk van ‘n sekere hoeveelheid word ook hersien.
  • Maak seker dat die leerders die korrekte terminologie bemeester het, asook die korrekte strategieë om bogenoemde korrek te bereken.
  • Kritieke Uitkoms 5 (Effektiewe kommunikasie deur visuele, simboliese, en/of taalvaardighede op verskillende maniere te gebruik) is hier van toepassing.
  • 3 weke behoort voldoende te wees om hierdie module te voltooi.
  • ** Aktiwiteit 17 is ‘n taak vir die portefeulje. Hoewel dit ‘n baie eenvoudige opdrag is, moet leerders in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.

LEEREENHEID 2 FOKUS OP DESIMALE BREUKE

  • Hierdie module is ‘n uitbreiding op werk wat in graad 5 afgehandel is. Leerders moet nou in staat wees om desimale breuke korrek af te rond tot die naaste tiende, honderdste en duisendste. Beklemtoon weer die korrekte metode om op te tel en af te trek (vertikaal). Gee ook baie aandag aan die vermenigvuldiging en deling van desimale breuke.
  • Aangesien leerders laasgenoemde nogal moeiliker vind, kan 3 - 4 weke aan dié module spandeer word.
  • ** Aktiwiteit 19 is ‘n taak vir die portefeulje. Die opdrag is baie eenvoudig, maar leerders moet in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om te bereken deur bewerkings te kies wat geskik is om ‘n probleem op te los [lu 1.8.3]

Vir hierdie aktiwiteit moet julle in groepe van 3 werk. Vra jul opvoeder vir die nodige papier. Lees die vrae goed deur en wys jul bewerkings wanneer jul die antwoorde bereken:

1. Mev. Samuels koop een derde meter pienk materiaal en vyf sesdes meter pers materiaal. Hoeveel meter materiaal het sy toe gehad om kussings vir haar klas mee te maak?

2. Die Jantjies-gesin hou piekniek. As Pa ‘n kwart van die kos opeet, Ma drie agstes daarvan en Sara twee agstes, sal daar iets vir jou oor wees om te eet?

3. Die graad 6-leerders is gevra om ‘n groentetuin by die skool te vestig. As hulle die helfte met geelwortels beplant, twee sesdes met aartappels en een twaalfde met geelwortels, watter breuk van die hele tuin is beplant?

4. Omdat hulle so hard in die tuin gewerk het, word die klasse beloon. Die 6A-klas drink vier en ‘n vyfde liter koeldrank; die 6B-klas drink vyf en vier vyftiendes liter koeldrank en die 6B-klas drink drie en twee derdes liter. Hoeveel liter koeldrank is altesaam deur die skool vir die leerders gegee?

5. Verduidelik aan die res van die klas hoe julle groep die antwoorde bereken het.

6. Vergelyk jul metodes. Hoe verskil hulle van mekaar?

TYD VIR SELFASSESSERING!

Beoordeel jul werk op ‘n skaal van 1 – 4 deur die toepaslike syfer te omkring:

1 = benodig aandag 2 = redelik goed 3 = baie goed 4 = uitstekend

KRITERIA KODE
Alle groeplede het aan die aktiwiteite deelgeneem. 1 2 3 4
Lede van die groep het na mekaar geluister. 1 2 3 4
Groeplede het mekaar in die groep gehelp en aangemoedig. 1 2 3 4
Groeplede het by die opdrag gebly. 1 2 3 4
Elkeen het ‘n kans gekry om te praat. 1 2 3 4
Die groep se werk is netjies gedoen. 1 2 3 4
Die antwoorde is korrek bereken. 1 2 3 4

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.8: skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme in verband met die volgende te kies en te gebruik:

1.8.3 optel en aftrek van gewone breuke met noemers wat veelvoude van mekaar is en heelgetalle met gewone breuke (gemengde breuke);

Questions & Answers

how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask