<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

My loopbaan vorentoe

Module 10

Aanleg/vermoë

Aanleg/Vermoë

Wat is die dinge wat jy goed kan doen?

  • Beoordeel jou vermoëns volgens die 4-punt skaal. Interpreteer die skaalwaardes so:

4 = Ek het ‘n baie sterk aanleg daarin

3 = Ek het ‘n redelike sterk aanleg daarin

2 = Ek het nie juis ‘n aanleg daarin nie

1 = Ek het geen aanleg daarin nie

Werk met Syfers 4 3 2 1
Werk versigtig
Werk akkuraat
Dink logies
Sien maklik foute raak
Werk met ‘n goeie plan
Probleemoplossing 4 3 2 1
Dink logies
Gebruik gesonde verstand om dinge te deurdink
Kan goed redeneer
Kan inligting goed gebruik
Gebruik beginsels en reëls om probleme op te los
Praktiese Vermoë 4 3 2 1
Geniet om met hande te werk
Kan maklik ‘n plan maak om iets gedoen te kry
Kan masjiene, radio’s en ander items maklik herstel
Kan klere maak of ander naaldwerk doen en herstel
Hou van kook
Kuns 4 3 2 1
Ontwerp items
Skep nuwe dinge en idees
Gebruik verbeelding
Sensitief
Intuïtief
Praat en Skryf 4 3 2 1
Kan goed kommunikeer en redeneer
Tree met selfvertroue op
Kan ander mense beïnvloed
Kan kreatief skryf
Kan probleme tussen mense oplos
Met Mense Werk 4 3 2 1
Behulpsaam
Verduidelik/wys andere graag hoe om iets te doen
Sal andere teregwys
Wys liefde aan mense rondom jou
Kan ander mense van opinie laat verander

Akademiese Profiel

Om ons vermoë verder te help bepaal, gaan ons ‘n rekord hou van ons prestasies in ons verskillende vakke.

  • Skryf jou vakke onder mekaar neer en dan skryf jy die prestasies wat jy in elk van die vakke behaal het langsaan neer..

Informele kennis

  • Het jy reeds enige ander kennis opgedoen? Help jy soms jou ouers met iets? Het jy reeds ‘n kursus iewers anders geloop?

[LU 5.2]

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 5
Oriëntering Ten Opsigte Van Die Wêreld Van WerkDie leerder sal in staat wees om ingeligte keuses oor verdere studie- en loopbaankeuses te maak.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
5.1 die voorsieners van fondse vir studie en beroepe navors;
5.2 eie beroeps- en studiekeuses motiveer;
5.3 krities reflekteer en verslag lewer oor geleenthede in die werkplek;
5.4 regte en verantwoordelikhede in die werkplek bespreek;
5.5 ‘n plan vir eie lewenslange leer saamstel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask