<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die Musiek

  • Kies jou eie Hip-Hopmusiek.
  • Kies musiek uit die ander leerders se musiekversamelings vir die dans.
  • Maak seker die tempo is tussen 113 mate per minuut en 140 mate per minuut.
  • Verwyder enige musiek met obsene en onwelvoeglike lirieke.

Die Bewegings en Passies

  • Loop op die maat van die musiek.
  • Loop op die maat van die musiek – lig jou knieë op.
  • Eksperimenteer met armbewegings.
  • Ontwikkel groter sensitiwiteit t.o.v. die ritme en ritmiese veranderings.
  • Demonstreer helderheid van vorm, rigting, vlakke en grootte met die uitvoering van die aksies.
  • Spring op die ritme van die musiek.
  • Vergroot die danswoordeskat van die spronge – isoleer arms, lig bene, buig die liggaam terwyl gespring word.
  • Beweeg van een plek na ‘n ander terwyl spronge uitgevoer word.
  • Verander van rigting.
  • Beweeg met jou bene oop.
  • Eksperimenteer met oop en toe bene terwyl gespring word.
  • Eksperimenteer met draaie – draai op een plek met voete bymekaar, verander van rigting, beweeg van een plek na ‘n ander, draai met bene gekruis, draai met een been opgelig.
  • Eksperimenteer met die lig van die been en skop dan bene op, na die kante, na agtertoe en vorentoe.
  • Eksperimenteer met die verskillende vlakke (hoog, middel, laag).
  • Begin grondwerk voorstel.
  • Eksperimenteer met handstande, wawiele en rolle.

Die Choreografie

  • Met die kennis wat jy verwerf het tydens die vorige oefening, sal jy in staat wees om bewegings in ‘n sekwens te kombineer en jou eie dans te kan choreografeer.
  • Vorm groepe van vier.
  • Elke groep moet nou die bewegingselemente gebruik om die choreografie interessanter te maak en sekwense van 8 tot 16 tellings saamvoeg.
  • Elke groep moet ‘n “oefen-opvoering” aan die res van die klas bied.
  • Laat die res van die klas hierdie oefen-opvoerings hersien.
  • Kies sekwense uit die groepe vir die Hip-Hopdans.

Die Dans

  • Choreografeer die Hip-Hopdans uit die gekose sekwense.
  • Maak seker die bewegings is volgens die gepaste styl.
  • Oefen en voer die dans vir ‘n spesifieke omgewing op.
  • Demonstreer vaardighede en houdings gepas vir die dansondervinding.
  • Toon sensitiwiteit vir die klankvolume van die musiek.
  • Sluit effektiewe strukture in ( duidelike begin, egalige oorgange, sterk, duidelike einde).
  • Wees bewus van die gebruik van elemente van beweging (verskeidenheid in vlakke, ritme, liggaamsdele, verandering in fokus, bewegingskrag (interessante vloerpatrone).
  • Demonstreer oorspronklikheid en kreatiwiteit.

Die Opvoering

  • Onthou die choreografie.
  • Demonstreer duidelike bewegingskrag.
  • Gehoorsaam die ritme – tydsberekening is alles!
  • Demonstreer houding – dit is “show business”!

ASSESSERING

Choreografie-assessering

Die leerder is in staat om: 1 2 3 4 5 6 7
  • ‘n duidelike begin, egalige oorgange tussen bewegings en ‘n sterk, duidelike einde te kan struktureer;
  • ‘n bewuste gebruik van elemente van beweging te kan implementeer, wat insluit: verskeidenheid van vlakke, interessante vloerpatrone, verskeidenheid van ritme, verandering in fokus van die groep, verskeidenheid van liggaamsdele gebruik en verandering in bewegingskrag;
  • begrip van die styl en musiek in verhouding tot die bewegings te demonstreer, asook ‘n sensitiwiteit vir die musiek toon;
  • innoverende, ongewone inhoud en uitvoering te demonstreer;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask