<< Chapter < Page Chapter >> Page >
Jaar
Grootte(duisende) en Groeitempo (%)
Landelik Stedelik Informele nedersettings Totaal
1985 4,281 2,592 1,143 8,019 1990 4,518 (1.1%) 2,936 (2.5%) 1,419 (4.4%) 8,874 (2,0%) 1995 4,747 (1.0%) 3,400 (3.0%) 1,733 (4.1%) 9,882 (2,2%) Bron: Doug Hindson and Jeff McCarthy "Defining and Gauging the Problem" in Here to Stay: Informal Settlements in KwaZulu-Natal , eds. Doug Hindson and JeffMcCarthy (Dalbridge: Indicator Press, 1994), 2.
  • Hierdie groei in die swart bevolking sal uit die aard van die saak die tekort aan grond vererger. In die apartheid-era was die bevolkingsdigtheid in die tuislande 10 keer hoër as in die ‘wit’ dele. Die toestand in die tuislande was die gevolg van gedwonge migrasie: dit het die bevolking laat groei van 4,5 miljoen in 1960 tot 11 miljoen in 1980. Die grootte van die tuislande het egter onveranderd gebly.
  • Bykomend tot hierdie inwaartse migrasie was die geboortesyfer in die tuislande besonder hoog. Dit word deur sommiges aan gebrekkige onderwys, gesondheidsorg, gesinsbeplanning en versekerde bronne van bestaansmiddele toegeskryf. Geslagsdiskriminasie het ook hiertoe bygedra. Die geboortesyfer van 1985 tot 1990 was ‘n geskatte 5,12 per vrou. Navorsing het getoon dat vroue wat nie in ‘n vaste betrekking met ‘n salaris staan nie, minder besluitnemingsgesag in hul gesinne het. Dit, saam met die waarde wat kinders bied vir werk wat gedoen moet word, soos die bymekaarmaak van vuurmaakhout en die oppas van diere, lei dit tot hoë geboortesyfers.
Tabel 5: Bevolkingsvoorkoms, KwaZulu-Natal, 1992
Bevolking
Duisende % van totaal
Stedelik 2,290 24,7
Dorpe 350 3,8
Totale stedelike nedersetting 2,640 28,5
Informeel voorstedelik 1,550 16,7
Informeel dorpe 470 5,1
Oorgangs (landelik/stedelik) 400 4,3
Totaal stedelik informeel 2,420 26,1
Totaal stedelik 5,060 54,6
Totaal landelik 4,210 45,4
Groottotaal 9,270 100,0
Bron : Doug Hindson and Jeff McCarthy "Defining and Gauging the Problem," 3.

4. Beskikbaarheidsgedrewe tekorte

  • Die apartheidsregering het die tuislande in brose omgewings met swak bogrond geplaas. Hierdie omgewings kon nie die landbouproduksie wat deur die bevolking benodig was, dra nie. Die gevolg was drastiese erosie. Per kapita-voedselproduksie in die tuislande het geval en voedsel moes ingevoer word sonder dat enigiets uitgevoer kon word. Navorsing toon dat Suid-Afrika se verlies aan bogrond 20 keer hoër is as die wêreldgemiddeld. Kundiges skat dat Suid-Afrika sedert die jaar 1900, 25% van sy bogrond verloor het en dat 55% van die land deur woestyngroei bedreig word. Dit terwyl landbouproduksie van kernbelang is omdat Suid-Afrika se voedselbehoeftes na verwagting teen die jaar 2020 sal verdubbel.
  • Ontbossing is ‘n belangrike vorm van beskikbaarheidsgedrewe omgewingstekort. Die destabilisering van grond en veranderende plaaslike watersiklusse, ontwrig die ekologiese balans. Ongelukkig bly vuurmaakhout die mees beskikbare en goedkoop energiebron vir baie swartes in landelike gebiede, en dit lei tot ontbossing. In die afgelope 50 jaar het 200 van KwaZulu se woude verdwyn.
  • ‘n Ander probleem is die skaarste aan en degradering van water. Suid-Afrika is ‘n waterarm land: 12 tot 16 miljoen mense het nie toegang tot water wat geskik is vir die vul van houers nie. Ongeveer 70% van die swartes in stedelike gebiede het nie toegang tot lopende water nie en is dus aangewese op besmette riviersisteme vir hul daaglikse behoeftes. Ongeveer 21 miljoen mense benodig voldoende sanitasie. Industriële besoedeling bedreig die kwaliteit van rivier- en ondergrondse water. Die gesondheid van die Suid-Afrikaanse samelewing in die breë word bedreig.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11054/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask