<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Antwoord: _____________________________________

4. Verdeel 2 brode gelykop tussen 3 werkers. Hoeveel sal elke werker ontvang? (Jy mag dit teken as dit jou sal help.)

5. Verdeel 7 worsbroodjies gelykop tussen 6 seuns. Hoeveel van die worsbroodjies sal elke seun ontvang? (Jy mag dit teken as dit jou sal help.)

6. Verdeel 8 toebroodjies gelykop tussen 3 seuns. Hoeveel sal elke seun ontvang? (Jy mag dit teken as dit jou sal help.)

7. Verdeel 8 piesangs gelykop tussen 7 seuns. Hoeveel sal elke seun ontvang? (Jy mag dit teken as dit jou sal help.)

8. Verdeel 17 skywe polonie gelykop tussen 8 seuns. Hoeveel sal elke seun ontvang? (Jy mag dit teken as dit jou sal help.)

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Getalle, Verwerkings en VerwantskappeDie leerder kan getalle en hulle verwantskappe herken, beskryf en voorstel en kan in die oplossing van probleme met bekwaamheid en selfvertroue tel, skat, bereken en kontroleer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 aan en terugtel in ‘n verskeidenheid van intervalle;
1.3 die volgende getalle herken en voorstel sodat dit beskryf en vergelyk kan word:
  • gewone breuke met verskillende noemers, insluitend halwes, derdes, kwarte, vyfdes, sesdes, sewendes en agstes;
  • gewone breuke in diagramvorm;
  • desimale breuke in terme van 0,5; 1,5; 2,5, ens., in die konteks van meting;
  • veelvoude van enkelsyfergetalle tot minstens 100;
1.5 ekwivalente vorms van die bogenoemde getalle herken en gebruik, insluitend;
  • gewone breuke met noemers wat veelvoude van mekaar is;
  • desimale breuke in terme van 0,5; 1,5; 2,5, ens. In die konteks van die meting;
1.7 probleme oplos wat die volgende behels:1.7.1 vergelyking van twee of meer hoeveelhede van dieselfde soort(verhouding);
1.8 skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme in verband met die volgende kies en te gebruik:
  • optel van gewone breuke in konteks;
  • gelyke verdeling met reste;
1.9 hoofberekeninge uitvoer wat die volgende behels:1
1.9.2 vermenigvuldiging van heelgetalle tot minstens 10 x 10;
1.12 herken, beskryf en gebruik:
1.12.1 die omgekeerde verwantskap tussen vermenigvuldiging en deling (bv. as 5 x 3 = 15 , dan is 15 ÷ 3 = 5 en 15 ÷ 5 = 3;
1.12.2 die ekwivalensie van deling en breuke (bv. 1 ÷ 8 = 1 8 size 12{ { {1} over {8} } } {} ;
1.12.3 die kommutatiewe, assosiatiewe en distributiewe eienskappe van heelgetalle.

Memorandum

AKTIWITEIT 1: herkenning van gewone breuke

1. Ontbrekende getalle: …; 3; 6; 10

2. Gewone breuke

2.1 vyfdes 2.2 sesdes 2.3 sewendes 2.4 agstes

2.5 neëndes 2.6 tiendes

TOETS JOU VAARDIGHEID

  • en 1.2 sirkel vertikaal in die helfte verdeel; sirkel horisontaal in die helfte verdeel

2.1 en 2.2 Reghoek horisontaal en vertikaal in derdes verdeel.

2.3 3

3.1 2; halwes 3.2 3 derdes

4. ingekleurde deel; een halwe is groter as een derde.

5. tiendes; 10 gelyke dele; agstes; 8 gelyke dele

3. DOEN DIT SELF

3.1 Driehoek in die helfte gevou; een helfte ingekleur.

3.2 Sirkel in kwarte gevou; drie kwarte ingekleur.

3.3 Nee

3.4 Reghoek in derdes gevou; twee derdes ingekleur; tweede reghoek in sesdes gevou; twee sesdes ingekleur.

3.5 Staaf in agstes gevou; twee agstes ingekleur; tweede staaf in kwarte gevou; twee kwarte ingekleur.

3.6 (a)<(b)  (c)<(d)<(e)  (f)<

AKTIWITEIT 2: ekwivalensie van deling en breuke

1.1 (a) en (b)

1.2 (a) en (b)

1.3 (a) en (b)

AKTIWITEIT 3: probleme

1.1 ses beskuitjies; een hele en een halwe ingekleur

1.2 een en 'n halwe

1.3 twee agstes/ een kwart

1.4 2

1.5

1.6 2 en 'n kwart

  • twee driehoeke wat gehalveer is
  • die helfte
  • 'n kwart

Toets jou vaardigheid

  1. twee sirkels wat elk in vyfdes verdeel is; twee vyfdes
  2. een reghoek word in die helfte verdeel; 2 en 'n halwe
  3. 'n silinder wat in derdes verdeel is; een derde
  4. twee derdes
  5. een en 'n sesde
  6. twee en twee derdes
  7. een en 'n sewende
  8. twee en 'n agste

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask