(Kognitiewe vaardighede is denkvaardighede wat ‘n mens help om doeltreffend te leer).
Probleemoplossingsvaardighede
Lei die kind om probleme te identifiseer en ‘n oplossing daarvoor te vind deur kreatiewe en kritiese denke. Graad R-opvoeders bied uitdagings aan hulle leerders om hulle te motiveer om hulle volle potensiaal te bereik sodat hulle in kritiese en kreatiewe denkers en probleemoplossers kan ontwikkel.
PERSEPTUELE ONTWIKKELING (persepsie is die akkurate waarneming, organisasie en interpretasie van inligting wat vanaf die sintuie na die brein gestuur word).
Die stimulasie van visuele en ouditiewe perseptuele vaardighede is belangrik by die voorskoolse kind omdat hierdie vaardighede voorvereistes is vir effektiewe leer.
VISUELE PERSEPSIE (die akkurate waarneming, organisasie en interpretasie van inligting wat vanaf die oë na die brein gestuur word)
Liggaamsbeeld (die bewustheid en die ervaring wat ‘n mens van sy eie liggaam het)
Voorbeelde van aktiwiteite:
Instruksies, bv. raak met jou hand aan jou knie, ens.
Identifiseer liggaamsdele aan ‘n pop
Trek hande af op papier en knip dit uit
Legkaarte van liggaam (kinders kan self een maak deur ‘n prent uit te knip)
Visuele diskriminasie (die vermoë om ooreenkomste en verskille waar te neem)
Voorbeelde van aktiwiteite:
Ou tydskrif – kind moet bv. al die
s ’e en
r ’e omkring
Bingo / Lotto speletjies (soek sy maat)
Visuele geheue (die vermoë om stimuli, deur die oë waargeneem, te kan onthou)
Voorbeelde van aktiwiteite:
Plaas ongeveer 6 voorwerpe op ‘n skinkbord – kind kyk ongeveer 3 sekondes – bedek – kind moet opnoem wat hy gesien het / neem 1 voorwerp weg – kind moet sê wat verwyder is
Flits prent – kind moet vertel wat hy gesien het
Audibloks – visuele kaarte
Visuele vormkonstantheid (die vermoë om die konstantheid van vorms waar te neem, ongeag hul grootte, kleur, oriëntasie in die ruimte, ens.)
Voorbeelde van aktiwiteite:
Vormspeletjies, bv. vormbord / lotto
Uitsoek van dieselfde vorms en benoeming daarvan
Assosiasie van vorms met voorwerpe, bv. (horlosie); vuurhoutjiedosie
Posisie in die ruimte (die persepsie van die verhouding van ‘n voorwerp tot die waarnemer)
Voorbeelde van aktiwiteite:
Rigtingspeletjies, bv. wie staan voor / agter / links / regs van jou?
Na-pak van patrone met blokkies of pennetjies
Voorgrond-/agtergrondpersepsie (die vermoë om op relevante visuele inligting te fokus en dit van ander minder belangrike inligting te onderskei)
Voorbeelde van aktiwiteite:
Soek spesifieke voorwerpe in ‘n besige prent
Soek spesifieke voorwerpe in die omgewing, bv. palmboom
Omlyn voorwerpe wat mekaar oorvleuel
Legkaarte
Visuele sluiting (die vermoë om inligting aan te vul en te voltooi wanneer sekere gedeeltes ontbreek)