<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 8

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 3

Werkswinkel-metode

DRAMA

Aktiwiteit 1

Werkswinkel-metode

  • Nadat julle groepe gekies is en julle op ‘n KLEUR besluit het, moet julle begin skryf aan die teks. Die eerste leerder skryf ‘n woord of sin neer en die volgende leerder moet dit aanvul. Elkeen van julle moet ‘n sin skryf wat aanpas by die reeds geskrewe werk. Hierdie proses kan in twee of meer lesure aangebied word, sodat julle sinvolle werk kan skryf.

Aktiwiteit 2

  • Nadat die teks voltooi is, moet julle BEWEGINGS uitwerk wat pas by die geskrewe sinne. Julle kan ‘n hele stel bou met kartondose en leë koeldrankkiste. Dit is altyd lekker om ‘n drie-dimensionele ‘VERHOOG’ te bou van niks af nie. Julle moet die verhoog op verskillende hoogtes bou, sodat dit meer interessant is vir die opvoering.

Aktiwiteit 3

  • Veronderstel joune is die BLOU-groep, moet in gedagte gehou word dat twee emosies voorgestel kan word: hoop of wanhoop. Indien julle op HOOP besluit, moet die teks dit baie duidelik aandui. Begin bv. met ‘n sin soos: “Ek hoop ek kry werk vir die vakansie.”

Nou moet daar verder aan die sin gebou word. ‘n Ander voorbeeld is die boer wat sê: “Ek hoop my graan groei goed.” Dit is ‘n baie lekker voorstel, want dan kan julle die opvoering begin deur in klein bondeltjies te sit en stadig op te strek soos wat die plant groei. Elke plantjie moet woorde kry om te sê. Gepaste musiek hierby verleen atmosfeer, bv. stadige musiek om die groeiproses uit te beeld.

Aktiwiteit 4

  • Julle kan blou materiaal gebruik om oor die verhoog te drapeer. Voeg daarby ‘n tikkie groen en bruin om die landerye voor te stel. Blare en takke van bome kan gebruik word.

In hierdie afdeling kan julle afwyk van die gewone kleure deur kleure ook te meng. Dit hoef nie noodwendig net blou of rooi of geel te wees nie. As jou emosies ‘n bietjie deurmekaar is, kan dit aangedui word deur verskillende kleure materiaal te gebruik wat jy om jou lyf kan drapeer, sodat die kyker dadelik kan sien in watter bui jy is.

Julle dialoog sal uiteraard by die aktiwiteite wat julle gaan aanbied, moet pas.

Aktiwiteit 5

  • Nadat al die groepe hulle verskillende take afgehandel het, en die skryfwerk gedoen is, kan daar nou met mening aan die produksie gewerk word. Onthou dat julle enige tyd ook gebruik kan maak van dansbewegings, of rek- en strekbewegings, of enige ander beweging wat pas by jou onderwerp. Uitbundige beweging sal gebruik word by rooi en geel, groen en pers. Dit beteken nie dat jy op en af moet spring nie! Met beweging word daar gekyk na groot liggaamlike bewegings asook kleiner, intiemer bewegings, bv. hand-gebare, opkyk na die lug, ineenvou en gaan lê op die verhoog.

Aktiwiteit 6

  • Die woorde van julle tekste moet teen hierdie tyd gememoriseer wees. Julle is almal vertroud met die inhoud van julle tekste en elkeen weet waarheen hy beweeg en wat die klimaks van die produksie gaan wees. Onthou: elke improvisasie moet ‘n BEGINPUNT, ‘n MIDDELPUNT en ‘n KLIMAKS hê! Gewoonlik het die aanbieding ‘n gelukkige einde (klimaks). Probeer om julle storie ook so uit te werk.

Aktiwiteit 7

  • Nou is dit tyd vir die opvoering en gaan daar gekyk word na julle kreatiewe vermoëns, skryfvaardighede en die samestelling van ‘n geloofwaardige improvisasie. Die storie MOET die kyker boei, anders gaan julle geen aandag van die gehoor kry nie. Probeer om gesond te kompeteer met die res van die klas en GENIET DIT! Improvisasie stel julle in staat om vir ‘n verandering ‘n ongewone opdrag sonder inhibisies uit te voer!
  • Bogenoemde improvisasie kan voor die res van die skool opgevoer word – teen ‘n geringe fooi!

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
deelname en samewerkingDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ALGEMEENtov 3.1 – 3.3 hieronder, die volgende toon:
3.1 entrepreneursvaardighede deur saam te werk om kunswerke te bemark beoefen;
3.2 tydsduur en selfdissipline toepas om by sperdatums te hou;
3.3 opleiding en loopbane op die gebied van kuns en kultuur (gebaseer op navorsing en terreinbesoeke) verken en bespreek;
3.4 werk saam met:3.4.1 interdissiplinêre aanbiedings te organiseer en doeltreffende organisasievermoëns en –vaardighede rondom beplanning, bestuur en bemarking te toon;
3.4.2 take en verantwoordelikhede doeltreffend te deel, bv. deur verskillende rolle in groepprojekte te speel;
VISUELE KUNS3.8 navorsing oor die kunste kan doen en dit met ander deel;
MUSIEK3.7 navorsing oor die emosionele aspekte van musiek kan toon;
DRAMA3.6 navorsing oor informele teater kan toepas;
DANS3.5 navorsing oor loopbaanmoontlikhede in dans kan doen en dit kan deel.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11045/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask