<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Party boere het net genoeg geproduseer om in hul eie gesinne se behoeftes te voorsien, terwyl ander weer te veel produkte gehad het. Só kon twee boere wat elkeen ‘n surplus (te veel) gehad het, dan bymekaarkom om hul produkte uit te ruil.
Dit was alles goed en wel om byvoorbeeld twee koolkoppe vir een dosyn eiers te ruil, maar wanneer jy byvoorbeeld ‘n koei en eiers wou ruil, was dit ‘n probleem. Hoeveel eiers kan jy nou ruil vir een koei? Jy het ook nie soveel eiers op een slag nodig nie!
Daar is twee maniere om dit wat jy nodig het, te bekom:
Vroeër het die mense standaarditems, byvoorbeeld skulpe, tiervelle, diamante, koper, goud, ens. gebruik as betaalmiddel.
Munte | Note |
Mense moet werk om vir kos, klere en ander basiese behoeftes te kan betaal. Wanneer jy werk , verdien jy ‘n salaris. Jy is deur iemand in diens geneem en het dan ‘n inkomste .
Nie alle mense werk vir ander mense om ‘n salaris te verdien nie. Sommiges het hul eie besigheid en werk vir hulself. Hulle besit byvoorbeeld ‘n kafee, smous met handgemaakte produkte, het ‘n eie mediese praktyk, ens.
Wanneer iemand nie ‘n inkomste genereer deur te werk nie, is so ‘n persoon werkloos . Lede van ‘n gesin probeer altyd om met behulp van die geld wat hulle verdien, die kwaliteit van hul lewenstandaard te verbeter. Hoe meer geld ‘n gesin verdien, hoe beter kan hulle lewe.
Die “produkte” wat die mens nodig het om te oorleef, kan in twee hoofgroepe verdeel word:
Gebruiksartikels is daardie produkte wat mense van dag tot dag gebruik, byvoorbeeld kos, skoonmaakmiddels, medisyne, ens.
(e) Groepwerk : Bestudeer die skets op die volgende bladsy en maak ‘n lys van alle dienste en gebruiksartikels wat aan die kliënt gelewer word.
Dienste | Gebruiksartikels |
Die leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.
Dis duidelik wanneer die leerder:
(a) en (b) ‘n Kort oorsig oor die rede waarom ‘n betaalmiddel noodsaaklik geword het en hoe geld as betaalmiddel ontstaan het.
Bladsy 1
(c) Toets leerders se kennis van Suid-Afrikaanse geld.
Bladsy 2
(d) Kort oorsig oor die bron van inkomste, asook ‘n verwysing na diegene wat geen inkomste het nie.
Bladsy 3
(e) Noodsaaklike behoeftes klassifiseer as gebruiksartikels of dienste.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?