<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Fisiese ontwikkeling en beweging

Module 16

Waarom is speel belangrik?

Aktiwiteit 1:

Om jou bewus te maak van die waarde van spel of speel

[LU 4.4]

Waarom is speel belangrik?

  • Om te speel is ’n natuurlike drang van mense, en van diere. Die meeste van ons het klein katjies of hondjies gehad as speelmaats. Die katjie jaag en vang die bol wol, kap dit heen en weer met die pootjie; die klein hondjie spring op die pantoffel, knaag dit en grom kastig kwaai as jy die pantoffel wil afvat.
  • ’n Mens kan sover gaan om te sê dat spel die natuur se manier is om die jong lede van ’n spesie voor te berei op hulle lewe. Hulle leer deur spel, en so speel-speel ontwikkel die jong dier of kind se spiere en fisiese vaardighede. Indien daar in ’n groep gespeel word, leer die jong kind ook om deel van ’n groep te wees en sosiale vaardighede te ontwikkel.
  • Wat gebeur as ’n kind speel? Wel, die kind raak ontslae van al die oortollige energie op ’n konstruktiewe manier en word fiks. Wanneer kinders met mekaar speel, leer hulle groepsgees, ’n sin vir regverdigheid, dapperheid en vindingrykheid aan.
  • Hoe sal ’n mens dan “speel” of “spel” definieer? Kan dit so eenvoudig wees soos “alles wat ons doen omdat ons dit wil doen en dit lekker is”? Spel kan gestruktureerd of ongestruktureerd wees, met reëls of sonder reëls.

Beantwoord die volgende vrae:

1. Verduidelik die konsep “spel” in jou eie woorde.

2. Hoe leer jong diere aan om hul prooi te bekruip of hul maaltyd te verdedig?

3. Gee twee voorbeelde van hoe ’n jong kind d.m.v. spel kan leer.

4. Bespreek met ’n maat voorbeelde van informele, ongestruktureerde spel, sowel as voorbeelde van gestruktureerde spel (bv. rugby, touspring) Skryf ten minste vier voorbeelde neer.

5. Wat sou jy sê is die vernaamste verskille tussen gestruktureerde spel en ongestruktureerde spel ?

6. Reël ’n debat in die klas rondom die kwessie van skoolsport.

  • Een spreker kan die volgende standpunt inneem: “ Skoolsport behoort geprivatiseer te word en slegs die leerders wat die begeerte en die talent daarvoor het, moet toegelaat word om aan sulke klubs te behoort.”
  • ’n Ander spreker kan die tradisie en waarde van skoolsport verdedig.
  • Elkeen van bogenoemde spreker het ’n tweede spreker om die onderskeie standpunte te verdedig.
  • Die klas stem nadat al die sprekers hul toesprake gelewer het.
  • Die klas behoort ook ’n voorsitter aan te wys voordat die verrigtinge begin, sodat die debatreëls sowel as klasdissipline nie skade ly nie.
  • Vra gerus ’n taalonderwyser om die fyner punte van debatvoering met julle deur te gaan voordat julle hierdie taak aanpak.
  • Vaardighede hier ter sprake is: debattering, luister, opsomming van hoofpunte, ens.

7. Skryf nou die hoofpunte van elkeen van die sprekers neer. Dit sal jou help om aandagtig te luister, asook om met aandag na die argumente se meriete te luister voordat jy stem.

Skoolsport behoort geprivatiseer te word Skoolsport is waardevol, omdat . . .

8. Hierdie taak kan vir assessering gebruik word. Kennis en insig is hier ter sprake.

a) Maak ‘n lys die voordele van spel vir mense en diere.

b) Kies enige aktiwiteit wat jy voel wat die fisiese komponente bevat wat as “spel” beskou kan word. Skryf nou duidelike instruksies oor hoe om hierdie “spel te speel” en lewer kommentaar oor die waarde van hierdie aktiwiteit. Nadat jy jou skryfwerk voltooi het, mag die leerkrag jou vra om hierdie aktiwiteit te verduidelik of te demonstreer. Wees baie presies met jou verduidelikings. Skryf kort sinne.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Gesondheids-bevordering Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.3 kan beskryf wat ’n gesonde leefstyl in sy eie situasie behels, onder andere as ’n manier om siektes te voorkom.
LU 4
Fisiese Ontwikkeling en Beweging Die leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 ’n avontuurlike, buitemuurse ontspannings­aktiwiteit kan beplan en daaraan kan deelneem;
4.4 teikenspele ontwerp en speel;
4.5 geslagsgelykheidsaangeleenthede in ’n ver­skeidenheid atletiek- en sportaktiwiteite­ondersoek en daaroor verslag kan doen.

Questions & Answers

Ayele, K., 2003. Introductory Economics, 3rd ed., Addis Ababa.
Widad Reply
can you send the book attached ?
Ariel
?
Ariel
What is economics
Widad Reply
the study of how humans make choices under conditions of scarcity
AI-Robot
U(x,y) = (x×y)1/2 find mu of x for y
Desalegn Reply
U(x,y) = (x×y)1/2 find mu of x for y
Desalegn
what is ecnomics
Jan Reply
this is the study of how the society manages it's scarce resources
Belonwu
what is macroeconomic
John Reply
macroeconomic is the branch of economics which studies actions, scale, activities and behaviour of the aggregate economy as a whole.
husaini
etc
husaini
difference between firm and industry
husaini Reply
what's the difference between a firm and an industry
Abdul
firm is the unit which transform inputs to output where as industry contain combination of firms with similar production 😅😅
Abdulraufu
Suppose the demand function that a firm faces shifted from Qd  120 3P to Qd  90  3P and the supply function has shifted from QS  20  2P to QS 10  2P . a) Find the effect of this change on price and quantity. b) Which of the changes in demand and supply is higher?
Toofiq Reply
explain standard reason why economic is a science
innocent Reply
factors influencing supply
Petrus Reply
what is economic.
Milan Reply
scares means__________________ends resources. unlimited
Jan
economics is a science that studies human behaviour as a relationship b/w ends and scares means which have alternative uses
Jan
calculate the profit maximizing for demand and supply
Zarshad Reply
Why qualify 28 supplies
Milan
what are explicit costs
Nomsa Reply
out-of-pocket costs for a firm, for example, payments for wages and salaries, rent, or materials
AI-Robot
concepts of supply in microeconomics
David Reply
economic overview notes
Amahle Reply
identify a demand and a supply curve
Salome Reply
i don't know
Parul
there's a difference
Aryan
Demand curve shows that how supply and others conditions affect on demand of a particular thing and what percent demand increase whith increase of supply of goods
Israr
Hi Sir please how do u calculate Cross elastic demand and income elastic demand?
Abari
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask