<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 5

Kom ons vier fees

Module 18

Verjaarsdae

Kom ons vier verjaarsdagfees!

Een fees wat die meeste kinders dwarsoor die wêreld vier, is hulle verjaarsdae.

Julle opvoeder gaan nou een van die klasgroepe vra om in die klas rond te beweeg. Elke lid van hierdie groep fluister die naam van die maand waarin hy of sy verjaar in die ander klasmaats se ore. Wanneer hy of sy ‘n maat vind wat in dieselfde maand verjaar, vorm hulle ‘n groep en soek dan verder.

Wanneer die eerste groep klaar deur die klas beweeg het, kry ‘n volgende groep ‘n beurt om maats te soek totdat die hele klas uiteindelik volgens verjaarsdagmaande gegroepeer is. Julle opvoeder skryf nou al die maande van die jaar op die bord neer, en ook die name van maats onder die naam van die maand waarin hy of sy verjaar.

Voltooi nou die kolomgrafiek en gebruik die inligting op die bord om vas te stel hoeveel maats in elke maand verjaar.

Beantwoord nou die volgende vrae:

  1. Gedurende watter maand verjaar die meeste maats?
  2. Gedurende watter maand verjaar die minste maats?
  3. Is daar ‘n maand waarin geen maats verjaar nie? Skryf die maand(e) neer.
  4. Hoeveel maats verjaar in die somer?
  5. Hoeveel maats verjaar in die winter?

Selfassessering onder leiding van opvoeder.

[LU 5.3.2; 5.4.3]

Verdeel nou in groepe van vier. kyk saam na die prentjies van die kinders hieronder. hierdie kinders woon al vier in ander lande. elke groeplid kry ‘n beurt om die inligting van een van die kinders hardop voor te lees aan die res van die groep.

Man Po woon in Hong Kong. Sy is tien jaar oud en verjaar op 18 November. Sy vier haar verjaarsdag saam met haar familie. Hulle eet Chinese lekkernye, onder andere, ryskoekies.

M’sangombe woon in Zambië. Hy dink hy is tien jaar oud, maar weet nie wanneer hy gebore is nie. Hy vier dus nie sy verjaarsdag nie. Hy wens hy kan ook sy verjaarsdag vier.

Sophie woon in Amerika. Sy is elf jaar oud en verjaar op 22 Januarie. Sy het haar maats uitgenooi om saam met haar te gaan kegelbal speel toe sy verjaar het. Haar ma het vir haar ‘n heerlike sjokoladekoek gebak.

Ilkay woon in Turkye. Hy is 11 jaar oud en verjaar op 19 Julie. Op sy verjaarsdag het hy ‘n paar vriende na sy huis toe genooi. Hulle het allerhande lekkernye geëet. Ilkay hou die meeste van “profiteroles”, ‘n soort koekie.

Ons kan nie almal sulke lekker partytjies soos Sophie hê nie. Daar is baie kinders soos M’sangombe wat nie eers weet wanneer hulle verjaar nie. Dan is daar ook kinders wat wel weet wanneer hulle verjaar, maar wat nog nooit ‘n verjaarsdagpartytjie gehad het nie.

[LU 3.1.3]

Luisterlees

VIR DIE OPVOEDER:

Die aktiwiteit oor die leesstuk en vrae/stellings wat hieronder verskyn kan vooraf gelees word. Daarna moet die leesstuk minstens twee maal voorgelees word. Leerders skryf slegs “Ja” of “Nee” as antwoorde.:

“My naam is Maria. My verjaarsdag is altyd die lekkerste dag van elke jaar. Met my elfde verjaarsdag het ek baie vroeg wakker geword. My bed kraak baie hard en ek het om en om gedraai sodat die geraas my twee boeties kon wakker maak. Uiteindelik het ek gehoor dat my ma opstaan en kombuis toe gaan. My twee boeties het wakker geword en ook kombuis toe gegaan. Ek het gemaak asof ek nog slaap.”

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask