<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 5

Kom ons vier fees

Module 19

Nuwejaar

Nuwejaar

Janus

Die eerste maand van die jaar, Januarie, se naam kom van die Romeine. Janus was die Romeinse god van die begin en die einde. Standbeelde van hom het twee gesigte. Een kyk agtertoe na die verlede. Die ander een kyk vorentoe na die toekoms.

Luister terwyl julle opvoeder die volgende leesstuk vir julle voorlees. Jy en die maat wat die naaste aan jou sit, kan dit daarna ook hardop vir mekaar voorlees. Help mekaar met die korrekte uitspraak van die woorde.

Nuwejaar in die Kaap

Nuwejaar word in die meeste lande van die wêreld gevier. Gewoonlik begin die feesvieringe al op Oujaarsaand. Die mense hou partytjie en sing en dans. Om middernag word daar gewoonlik ook vuurwerk afgeskiet.

Nuwejaar in Kaapstad is baie spesiaal. Dit is die tyd wanneer die Kaapse Klopse in 'n optog deur die strate marsjeer. Hiérdie karnaval begin reeds op Oujaarsaand en hou aan tot die 2de Januarie.

Elke karnavalgroep word ‘n Klopse troep genoem. Hierdie troepe marsjeer, dans en sing vrolike liedjies. Daar word op instrumente gespeel soos die trompet, saksofoon, trekklavier en tamboeryn. Dan is daar ook die ghoema – ‘n soort trom.

Die Klopse dra kleurvolle kostuums wat spesiaal deur kleremakers gemaak word. Elke jaar word daar nuwe kostuums gemaak. Die kostuums bestaan uit ‘n langbroek en ‘n baadjie. Daarby dra hulle kenmerkende hoedjies en die meeste lede van die Klopse hou ook ‘n helderkleurige sambreel in die hand. Sommige van die troepe grimeer hul gesigte met wit en swart gesigverf. Ander maak hulle gesigte kleurvol en gebruik selfs blinkertjies.

Beantwoord nou die volgende vrae:

Vul die ontbrekende woorde in en skryf die sinne oor:

  1. Die feesvieringe begin gewoonlik op _ .
  2. _ word om middernag afgeskiet. (2)

Skryf die antwoorde in volsinne op die volgende vrae neer:

  1. Wie marsjeer deur Kaapstad se strate?
  2. Tot wanneer hou hierdie karnaval aan? (2)

Kies die regte antwoord en skryf die hele sin neer:

  1. Die Kaapse Klopse marsjeer in (groepe; troepe; kore).
  2. Die (ghoema; trompet; trekklavier) is ‘n soort trom. (2)

Die volgende stellings is onwaar . Skryf hulle oor sodat hulle waar sal wees.

  1. Die Klopse se kostuums word deur winkels gemaak.
  2. Elke jaar dra hulle dieselfde kostuums. (2)

Beantwoord die volgende vrae in volsinne:

  1. Waaruit bestaan hulle kostuums?
  2. Wat dra hulle by hierdie kostuums? (2)

TOTAAL: 10

Assessering deur opvoeder.

[LU 1.1.1]

Waar koop ons wat?

Ons het gelees dat die Kaapse Klopse hulle kostuums by ‘n kleremaker laat maak. Hulle kan nie by ‘n winkel instap en dit gaan koop nie. Weet julle waar ons die volgende koop? Voltooi die sinne en skryf volledig neer. Julle mag mekaar met die antwoorde help.

  1. Ons koop seëls by die _
  2. Ons koop medisyne by die _
  3. Ons koop kruideniersware by die _
  4. Ons koop vleis by die _
  5. Ons koop brood en koek by die _
  6. Ons koop plante, sade, ens. by die _

Weet julle waar ons die volgende doen?

  1. Ons leen boeke by die _
  2. Ons haal die trein by die _

Selfassessering onder leiding van die opvoeder.

Skriftelike werk

Weet jy wat Nuwejaarsvoornemens is? (In Engels praat ons van “New Year’s resolutions”.) Soms het ‘n mens gewoontes (habits) wat jy wil afleer, of doen jy dinge wat jy liewers wil verander. Dit kan ook wees dat jy nuwe en goeie gewoontes wil aanleer. Die nuwe jaar is dan die ideale tyd om al hierdie dinge te doen. Op Oujaarsaand gesels mense gewoonlik oor hulle Nuwejaarsvoornemens en besluit dan ook wat hulle voornemens is. Lees ‘n bietjie wat Melvyn Abrahams, ‘n elfjarige seun, se nuwejaarsvoornemens verlede jaar was:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask