<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Themba is ‘n seun.
Thandi is sy sussie.
Hulle woon in ‘n huis saam met
Mamma, Pappa, Ouma Rosie
en hul sussies en boeties.
Die huis is nie groot nie.
Langs die huis is ‘n tuin.
Dit is Ouma Rosie se netjiese groentetuin.
Ouma Rosie versorg die groentetuintjie.
Die kool, uie, wortels en mielies staan in reguit rye
soos soldate wat op aandag staan.
(word vervolg…)
Themba | Thandi | Mamma en Pappa | Ouma Rosie |
kool | uie | wortels | mielies |
LU 3.2.1 | LU 3.3.3 | LU 4.8 |
LU 3.4.7 |
LU 4.1 |
Pappa en Mamma moet vroeg opstaan.
Hulle moet betyds by hulle werkplek wees.
Ouma Rosie kry vir Themba en Thandi gereed vir skool.
Die groter kinders maak hulle eie
koffie en smeer vir hulle brood.
Die kleintjies moet wag totdat
Ouma hulle ontbyt gereed het.
Al die kinders is baie lief vir Ouma Rosie.
Ouma Rosie is ook baie lief vir al die kinders en sy versorg hulle mooi.
(word vervolg…)
1. Pappa moet vroeg ………………………………………………………………
2. Ouma Rosie kry die kinders gereed vir ………………………………………...
3. Hulle maak …………………………… en smeer die …………………………
4. Ouma Rosie maak die kleintjies se …………………………………………….
5. Al die kinders is baie lief vir …………………………………………………...
6. Ouma Rosie ……………………………………………………….. hulle mooi.
LU 3.3.3 | LU 4.6.2 | LU 6.2.1 |
m t | r g | |
p t | r s | |
w t | v l | |
m k | p p | |
w p | m g | |
r m | p s | |
r k | w l | |
v s | r k | |
r g | v t |
LU 3.4.7 |
LU 4.1 |
haastig | boeksakke | ||||
haas | tig |
terwyl | agterna | ||||
skarrel | |
1. Die kinders is …………………………………………………………………..
2. Hulle pak hulle boeke in hul …………………………………………………...
3. Hy drink sy koffie, …………………………………….Thandi haar brood eet.
4. Sy ……………………………………………………………… agter hom aan.
5. Hy hardloop ……………………………………………………………………
LU 3.4.3 |
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees, en:
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
3.3.3 klank-en ander woordherkennings- en begripsvaardighede gebruik,soos kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde ‘n teks te verstaan;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.4.3 die eerste klank en laaste deel van die lettergreep herken;
3.4.7 enkelklanke hersien.
Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:
4.6.2 algemene woorde korrek spel;
Leeruitkomste 6 TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk;
6.2.1 bekende woorde korrek spel.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?