<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Die aarde en daarbuite

Fossiele

Opvoeders afdeling

Memorandum

Opdrag 7:

Maak seker dat daar ‘n Verklarende Woordeboek in die klas beskikbaar is.

1. 100 jaar

2. Ongeveer ‘n driekwart van Suid-Afrika het uit ‘n groot, moerasagtige kom bestaan. Hierdie unieke toestande is ideaal vir fossilering.

3. Wanneer iets in die natuur doodgaan, word dit gewoonlik deur aasdiere geëet en rondgestrooi. Hierdie beendere wat soms wyd versprei lê, word dat met sand en modder bedek.

4. Waar. Fossiele verteenwoordig mense, plante en diere wat miljoene jare gelede geleef het en ons kan baie daarvan aflei.

5. ‘n Fossiel is enige oorblyfsel van ‘n mens, dier of plant wat in die gesteentes van die aarde bewaar gebly het.

6. Skulpe is meestal te hard om geëet te word en hulle is deel van die ongewerwelde diere wat ‘n groot deel uitmaak van die diereryk. Baie fossilering het in water plaasgevind.

7. Tande bestaan uit been en is bedek met emalje. Been is die hardste weefsel in die liggaam. Tande is ook goed beskerm teen bederf, omdat dit reeds gemineraliseer is.

8. ‘n Wetenskaplike bestuur ‘n spesifieke kennisafdeling wat bestaan uit sistematies gerangskikte feite wat op algemene beginsels berus. (HAT)

9. Paleo – beteken oud, voorwêreldlik (HAT)

Leerder afdeling

Inhoud

Belangrike inligting oor die geskiedenis van lewe op aarde kan deur fossiele verskaf word. Ons kry fossiele in rotslae. Dit is oorblyfsels van mense en plante, asook die geraamtes en skulpe van diere uit die verre verlede. Die rotslae is bekend as sedimentêre gesteentes. Omdat plante en diere ons van die natuur vertel, is die fossiele baie belangrik in die herstrukturering van die oeromgewing van ons voorouers.

  • Enige sigbare bewys dat daar in die verlede lewe was, kan ‘n fossiel genoem word. Die beste fossiele van oermense is hulle versteende beendere en tande. Been is die hardste weefsel in die liggaam en word dus die maklikste bewaar. Voetspore, gereedskap, verbrande bene van die prooi wat hulle gejag het en skulpe wat hulle versamel het, is alles fossielbewyse van hul leefwyse.

Aktiwiteit: om die vorming van fossiele te kan verduidelik [lu 1.2, lu 2.3]

  • Dit is nie maklik vir enige stof om ‘n fossiel te word nie. As iets in die natuur doodgaan, word dit gewoonlik deur aasdiere geëet en die beendere word rondgestrooi. Met verloop van jare word dit deur sand en modder bedek. Dit is die rede waarom volledige fossielgeraamtes omtrent nooit gevind word nie. Soos die eeue verbygegaan het, het al hoe meer sand en modder die beendere begrawe. Die sand en modder het langsamerhand versteen tot rots, sodat die bene of skulpe van die oerdiere onder die aarde bewaar gebly het en met verloop van miljoene jare hard en klipagtig geword het.
  • Soms krummel die rots weg, of dit word deur ‘n rivier of deur die see verweer en dan kom daar van die fossiele op die oppervlakte te voorskyn. Skulpe is die mees algemene fossiele, maar bene van groot reptiele word nogal dikwels dwarsoor die wêreld gevind. Dit is egter nie net bene en skulpe wat onder die aarde bewaar gebly het nie. Tot die merke van reëndruppels is al gevind. Een van die eienaardigste soorte fossiele is die versteende mis van sekere diere, bekend as koproliete.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask