<< Chapter < Page Chapter >> Page >

‘n Afbeelding van ‘n spoor van ‘n Apatosaurus wat in Engeland gevind is. Elke voetspoor van die dinosourus is omtrent een meter lank. Die stelle spore dui daarop dat hulle soms in troppe geloop het. Die drie-tonige voetspoor dui moontlik op ‘n vleisvretende dinosourus wat die Apatosaurus gejag het.

  • Gewoonlik versteen slegs die hardste dele. Die sagte dele verrot, maar laat soms afdrukke in die rots. Die fossiele van plante bestaan gewoonlik uit blaarafdrukke of versteende boomstompe. Fossiele van mikroskopiese stuifmeelkorrels is ook al gevind.
  • Fossiele is dus ons skakels met die verlede. Ongelukkig is fossilering ‘n unieke proses wat slegs onder spesiale toestande plaasvind. In Suid-Afrika was die toestande in die Karoo vir miljoene jare baie gunstig vir fossilering.
  • Miljoene jare gelede was die Karoo ‘n groot, moerasagtige kom wat ongeveer ‘n driekwart van die huidige Suid-Afrika se oppervlakte beslaan het. Riviere het van die berge in die kom gevloei. Plantfossiele bewys dat daar bosse en bome op die rivieroewers was. Die riviere het gekrioel van visse, reptiele en groot amfibieë, maar daar is nie tekens van voëls of soogdiere nie. Sowat 190 miljoen jaar gelede was daar hewige vulkaanuitbarstings in die Karoo, omdat Gondwana begin opbreek het in die kontinente soos ons dit vandag ken. Baie dele is met lawa bedek en dit het die diere verdryf.
  • Die Karoo het dus duisende goedbewaarde fossiele opgelewer.

Paleontoloë

  • Mense wat fossiele bestudeer, word paleontoloë genoem. Paleo-antropoloë bestudeer oermense, paleobotaniste bestudeer plantfossiele en paleosooloë bestudeer die oorblyfsels van diere. As al hierdie inligting gekombineer word, kan wetenskaplikes bepaal hoe die oeromgewing gelyk het.
  • Daar bestaan baie min mensagtige fossiele, omdat mense waarskynlik op plekke geleef het waar fossiele nie maklik kon vorm nie. Mensagtige fossiele is gewoonlik die oorblyfsels van die prooi wat deur vleiseters gevang is. Dit wil voorkom asof mensagtige fossiele minder geword het nadat die oermense geleer het om vuur te maak. ‘n Moontlike verklaring is dat die vuur dit moontlik gemaak het om die vleiseters uit die grotte te verjaag.

OPDRAG 7

Lees bostaande leesstuk deeglik deur en beantwoord dan die volgende vrae. Maak gebruik van ‘n bron soos ‘n verklarende woordeboek, indien nodig.

1. Hoe lank is ‘n eeu?

_____________________________________________________________________

(1)

2. Waarom het die Karoo soveel goedbewaarde fossiele opgelewer?

_____________________________________________________________________

(1)

3. Waarom word volledige fossielgeraamtes byna nooit gevind nie?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(1)

4. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord.

Fossiele kan gesien word as ‘n bewys van vroeëre lewe.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(2)

5. Gee ‘n beknopte definisie van ‘n fossiel. Gebruik jou eie woorde.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(1)

6. Waarom sou jy sê is skulpe die mees algemene fossiele?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(1)

7. Waarom is tande van oermense soms die beste fossiele?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(1)

8. Gee ‘n definisie van ‘n wetenskaplike.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(1)

9. Wat beteken die woordelement “paleo-“, in die volgende woorde: paleo-antropoloog, paleo-botanis en paleosoöloog?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(1)

TOTAAL: 10

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te regeer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.2: Dis duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel.

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dis duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask